Brooklyn Teater bied aan: Op my ou ramkietjie

NDR Program
April 10, 2012
FAK-sangbundel: Afrikaners is (weer) plesierig met FAK-sangbundel!
April 11, 2012

Brooklyn Teater bied aan: Op my ou ramkietjie

Ilze Coetzee (sopraan) & Pierre Malherbe (bariton)

Salon Ensemble
Marié du Buisson (fluit), Carin Janse van Rensburg (viool), Lizet Smith (klarinet),
Wernd van Staden (tjello) Armandt Marais (kontrabas) en Amarillie Ackermann (harp)

Verwerkings, programsamestelling en musiekregie: Willem Vogel

Salon Music se geskiedenis met die Afrikaanse Kunslied kom al sedert 2005 toe ons die eerste HEIMWEE produksie in ’n stampvol Aula aangebied het met Deon van der Walt (tenoor), Antoinette Olivier (sopraan), Anina Wassermann (sopraan) en Hanneli Rupert (mezzo-sopraan). Ons het die daaropvolgende jaar nog ’n Heimwee aangebied in die Z.K. Matthews Ouditorium (UNISA). Hierdie keer was Philip de Vos aan boord met Albie Louw se treffende toonsettings van die spitsvondige versies wat Philip self voorgesing het. In 2007 het ons ’n HEIMWEE by die KKNK aangebied en die jaar daarna in Londen. Vir die Londense konsert het ek en my vennoot met behulp van Marlene Verwey (fluit) in Londen ’n saal gehuur en met my eie verwerkings onder die arm ’n konsert daar aanmekaar geslaan met S.A kunstenaars wat in Londen woonagtig is: Eric Eloff (sopraan), William Berger (alias Schalk Burger) (bariton) – Gina Beukes (viool), Marlene Verwey (fluit) ens.
Dit was ’n groot sukses en buiten die Afrikaners in Londen, was dit selfs bygewoon deur Nederlanders, Dene en Swede wat wou hoor hoe die Afrikaanse kunslied klink.

Dit is vir ons nou ’n genoeë om weer ’n program van Afrikaanse Kunsliedere aan te pak onder die titel – Op my ou ramkietjie. Hierdie keer word die klavier in die ensemble vervang met ’n harp.

Vir besprekings kontak Nanda Cloete by 082 371 7029
Of besoek die webwerf www.brooklynteatre.co.za

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

error: Content is protected !!