FAK-sangbundel: Afrikaners is (weer) plesierig met FAK-sangbundel!

Brooklyn Teater bied aan: Op my ou ramkietjie
April 11, 2012
Die ANC, Hollande en die ‘dom ekonomie’
April 11, 2012

Die FAK-sangbundel wat duisende Afrikaners reeds vir meer as sewe dekades lank aan die sing het, trek vanjaar ’n splinternuwe baadjie aan. Hierdie bundel wat as die skatkis van Afrikaanse volksmusiek beskou word, word vanjaar van hoek tot kant nuutgemaak om liedjies wat die afgelope 40 jaar in Afrikaanse musiek geblom het te laat herleef en te laat voortleef vir nog ’n generasie.

Die nuwe FAK-sangbundel maak plek vir 400 liedjies wat uitgereik is sedert die vorige uitgawe van die bundel in 1979 die lig gesien het. Vanjaar, 2012, is ook die 75ste bestaansjaar van die FAK-sangbundel en juis daarom is besluit om die wonder van Afrikaanse musiek behoorlik te vier met die uitreiking van ’n nuwe sangbundel.

Waarna kan ek uitsien in die nuwe bundel?

Die bundel sal die volle spektrum van Afrikaanse musiekgenres dek:

  • Kontemporêre musiek
  • Luisterliedjies
  • Volksliedjies
  • Kinderliedjies
  • Geestelike liedere
  • Tradisionele liedjies
  • Kunsmusiek
  • Koormusiek

Alles van Ballade vir ’n enkeling (deur Richard van der Westhuizen) tot De la Rey (deur Bok van Blerk) en Engel (deur Karin Zoid) en die immergewilde Houtkruis ’n tuiste in hierdie bundel.

Van die gewildste en bekendste werke deur Afrikaanse musieklegendes soos Rina Hugo, Gé Korsten, Chris Chameleon, Steve Hofmeyr, Die Briels, Anton Goosen en Laurika Rauch is in die bundel vervat.

Wat van die FAK-sangbundel soos ons hom geken het?

Die nuwe FAK-sangbundel vervang nie die ou bundel met sy bekende volksliedjies soos Aanstap Rooies, My hartjie, my liefie en Sarie Marais nie. Die nuwe 2012-bundel is eerder daarop gemik om die skatkis van Afrikaanse musiek wat bewaar moet word uit te brei. Dit is daarom nog lank nie die einde van die 1979-bundel nie en dit sal steeds beskikbaar wees by uitgesoekte boekwinkels.

SMS ‘FAK’ na 34388 gevolg deur jou naam, van en kontak nr. om jou nuwe bundel te bestel

Kraal-Uitgewers

Tel: 012 644 4329 of 082 780 9574

Faks: 086 593 2882

E-pos: asteyn@solidariteit.co.za of kraal@solidariteit.co.za

Posadres: Posbus 11469, Centurion, 0046

 

 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

error: Content is protected !!