Straatnamenverandering in Pretoria: een overzicht
Junie 7, 2012
Die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV)
Junie 13, 2012

Ken jy vir tant Mossie? Onthou jy die groot groen bundel onder in die klavierstoeltjie? Ken jy vir tant Hessie se wit perd, Mooie Mietjie en Sarie Marais? Natuurlik ken ons hulle almal!
Die groen FAK-bundel word afgestof en die krane oopgedraai vir ‘n musikale fees van vernuwe volkstreffers! Van die bekende nommers word ‘opgezoesh’, en die minder bekendes in die skatkis word ontsluit. Afrikaners raak plesierig en Klaradyn kom dans in die lig van die Liewe Maan. Kom luister net – Dis al!
Met vier musikante op onder andere twee klaviere, viool, perkussie, twee trekklaviere en saksofoon: STEFFIE LE ROUX (Cutt Glas & ‘Stuur groete aan Mannetjies Roux’), BABETTE VILJOEN (ATKV Crescendo-Kreatief Wenner 2011, Anderkant Nêrens se mense), WERNER FERREIRA (begeleier vir Jak de Priester), IZELLE CLAASSEN (begeleier vir Louis Britz, Laurika Rauch DVD). Teks, vertolking en grappietjies deur CORNEELS SCHABORT (Lagnes).
Kisklere is nie nodig nie en kappies is opsioneel. Trek jou plakkies of polvye aan. Afrikaners, Engelse, Tswanas, Duitsers, vettes, maeres, langes en kortes raak plesierig… ALMAL, wat wil terugreis na hul jeug, is welkom!

Vir meer inligting kontak Izelle Claassen by 082 557 1456

Comments are closed.

error: Content is protected !!