’n Aand van Heimwee by die Brooklyn teater

Artikel oor die nuwe NP van Wyk Louw Sentrum vir Kulturele Vryheid
Junie 13, 2012
FAK-sangbundel: Afrikaners is (weer) plesierig met FAK-sangbundel!
Junie 13, 2012

Deur Lindie van Zyl

’n Gesellige geleentheid by die Brooklyn-teater om opnuut weer na ou FAK-kunsliedere te luister het op 16 Mei plaasgevind. Die FAK het dié aand ’n paar gaste genooi om saam ’n aand van Heimwee te kom geniet en na ou gunstelinge soos Rooidag, Oktobermaand, Mali die slaaf se lied en Kom dans Klaradyn te kom luister. Verwerkings is gedoen deur Willem Vogel en gesing deur Ilze Coetzee (sopraan) en Pierre Malherbe (Bariton)

Die gaste is by aankoms met ’n glasie rooiwyn verwelkom en Leipoldt’s, die restaurant by die Brooklyn teater, het seker gemaak dat daar peuselhappies was, wat die gaste kon geniet.

Benewens die geselligheid, heerlike kaas en wyn en die vertoning natuurlik, het die FAK die gaste, met die oog op die FAK-sangbundel volume 2, die geleentheid gegee om te stem vir hulle gunsteling-voorblad. ’n Keuse van drie voorblaaie is uiteengesit en almal op die geleentheid kon gaan stem vir hul gunsteling. Al wat hulle moes doen, was om opsie A, B of C te SMS na 34388.

Daar is nog tyd om te stem voordat die nuwe voorblad aangekondig word. Stem nou. Om die drie verskillende voorblaaie te sien gaan na die volgende skakel www.fak.org.za. Stuur ’n SMS, gevolg deur jou naam en keuse na 34388.

Comments are closed.

error: Content is protected !!