Kom sing weer in jou taal met die nuwe FAK Sangbundel Volume II

Ons vir Jou terug op die planke!
Julie 4, 2012
FAK bederf die personeel van Hoërskool Hercules
Julie 5, 2012

Deur Lindie van Zyl

Met die oog op die nuwe FAK-Sangbundel wat binnekort deur die FAK vrygestel gaan word, is die FAK se kantoor in samewerking met vele kundiges hard besig met die proses. Die FAK het die voorreg om saam met Jannie du Toit, Johan van Rensburg, Prof. Bertha Spies, Katrien Holm en  andere  aan hierdie geskiedkundige projek te werk.

Die FAK-Sangbundel  Voulume II, gaan gevul wees met splinternuwe liedjies uit die Afrikaanse skatkis van die afgelope 40 jaar. Die publiek kan verwag om al hulle gunstelinge daar te kry. Liedjies soos Bellade vir ’n Enkeling  deur  Richard van der Westhuizen, Die Onverkrygbare van Chris Chameleon, Drie uur in die Môre van Jannie du Toit en vele meer.

Nuwe koorwerke deur bekendes soos Niel van der Watt, Chris Lamprecht en Danie Hyman sal in die nuwe bundel  wees. Onse Mimi Coertse was saam met Wessel van Wyk van die Universiteit van Pretoria in beheer van die samestelling van die kunsliedere en ou gunstelinge soos My Siel is Siek van Heimwee deur  P.J. Lemmer, O Boereplaas en Wit Duiwe deur S. Le Roux Marais.
Vir die jong klomp is daar vele saamsing-liedjies van Elizabeth Fourie, Anna Rudolph en vele meer.

Om seker te maak jy kry jou nuwe FAK-Sangbundel Volume II, SMS ‘FAK’ na 34388 gevolg deur jou naam, van en kontaknommer.  Ons sal jou kontak vir meer besonderhede.

Besoek gerus ons webtuiste by www.fak.org.za of volg ons op Facebook en Twitter om op die hoogte te bly met al die nuutse FAK-nuus.

Comments are closed.

error: Content is protected !!