FAK bederf die personeel van Hoërskool Hercules

Kom sing weer in jou taal met die nuwe FAK Sangbundel Volume II
Julie 4, 2012
Die JongereProjek
Julie 5, 2012

Deur Lindie van Zyl

Met die vieringe van  Solidariteit se 110de bestaansjaar, wou die beweging iets meer doen as net ’n partytjie aanbied. “Pleks van ’n duur partytjie het ons besluit om eerder ’n reeks landwye hulpprojekte aan te pak om ons ontstaan te herdenk”, het Flip Buys in Rapport gesê.

Elke organisasie wat deel vorm van die Solidaritietbeweging moes ’n goed-doen-projek aanpak by Hoërskool Hercules. Die FAK het 25 onderwysers van Hoërskool Hercules die Woensdagmiddag voor die Vrydag se hoofgeleentheid ontvang vir ’n bietjie bederf. Hulle is verwelkom deur Dr. Danie Langner en het daarna ’n heerlike middagete geniet. Na die middagete is hulle  deur een van die Voortrekkermonument se toergidsevergesel om ’n geskiedkundige toer deur die monument te geniet.

Die groot geleentheid en viering van Solidariteit se verjaarsdag het geval  op Vrydag,  22 Junie, toe 570 vrywilligers by Hoërskool Hercules in Pretoria-Wes opgedaag het om te help skuur, verf, tuinmaak en die matrikulante te help gereed=maak vir hulle matriekafskeid. Dit was ’n gesellige byeenkoms en almal het gehelp.

Volgens Flip Buys het Solidariteit doelbewus ’n skool vir die hoofprojek gekies. “ ’n Skool is ’n simbool van hoop en vertroue in die toekoms van die volgende geslag. ’n Groot aantal ou Afrikaanse skole het met die jare verwaarloos geraak omdat die departement van onderwys minder geld gee aan skole wat goed presteer, veral as hulle in histories Afrikaanse woongebiede geleë is” het Flip gesê.

“Toe ons die goeie nuus van die projek ontvang,t het dit gevoel of die hemelpoorte oopgaan” het een van die juffrouens by Hoërskool Hercules gesê.

Vir meer inligting oor die projek wat aangepak is kyk gerus na die volgende video: http://youtu.be/Vc4MQNc7weE.

Comments are closed.

error: Content is protected !!