‘Verhewe bo Afrikaans’
Augustus 16, 2012
Boekresensie: Boek wys op foute met politieke korrektheid
September 11, 2012

2012-08-20 23:08- Beeld
“As jy ’n goudvissie uit sy bak uithaal en jy slaan my met daardie goudvissie, sou ek omgeval het.”

Dit was die reaksie van Frans Esterhuyse, Beeld se spotprenttekenaar, op die nuus dat die FAK die M.J. Thom-prys vir ’n besonderse bydrae tot die Afrikaanse joernalistiek aan hom toegeken het.

Hy is veral bekend om die kenmerkende kat wat altyd in sy spotprente te sien is.

“Dit het nog glad nie ingesink nie.”

Volgens Esterhuyse was hy nie bewus daarvan dat hy benoem is nie.

“Ek teken al sedert 1974, maar het nog nooit iets gewen nie.”

’n Goeie spotprent is wanneer twee gebeurtenisse saamgetrek kan word, meen Esterhuyse.

Hy glo egter dit is nie nodig vir spotprentkunstenaars om omstrede te wees nie.

“Ek sal nooit iets teken wat godslasterlik is nie,” het hy gesê.

Een van Esterhuyse se guns­telingfigure om te teken is pres. Robert Mugabe van Zimbabwe.

“Ek kan nie wag tot hy weer iets aanvang nie, want ek beplan iets baie interessants vir hom.”

Esterhuyse het gesê hy gaan Mugabe skets met ’n opwensleutel op sy rug.

Sodra die nuus van sy toekenning ingesink het, sal daar ongetwyfeld fees gevier word, het Esterhuyse gesê.

 

Artikel te kry op Beeld se webblad http://goo.gl/sDAo5

Comments are closed.

error: Content is protected !!