Boekresensie: Boek wys op foute met politieke korrektheid

‘Slaan my om met ’n goudvissie!’
Augustus 21, 2012
Kulturele kapitaal se waarde vir sakelui
September 11, 2012

Deur Eugene Brink

Die veelheid ideologiese posisies bekend as “politieke korrektheid” hou lank reeds ‘n bedreiging vir die Westerse beskawing in. As ‘n ideologie het dit ‘n sentrale rol gespeel in die oorlog teen die Westerse intellektuele en politieke tradisie. Wanneer dit in die ekonomie geïnkorporeer word, het sy voorstanders betogings teen kapitalisme van stapel laat loop en die “meer gelyke verspreiding” van rykdom – wat gewoonlik op die een of ander ideologiese formule gegrond is – bevorder.  As deel van die taalgebruik oor die laaste paar dekades heen, het dit letterlik die leksikon in Amerika en elders verander.

Wat is die oorsprong van ‘n mag wat so groot is? En in watter soort wêreld sal ons  lewe as politieke korrektheid aanhou om ons kultuur ongestoord binne te dring?

Hierdie vrae en talle ander word beantwoord in Howard S. Schwartz se Society Against Itself: Political Correctness and Organizational Self-Destruction. Deur sowel die direkte definisie van woorde soos “diversiteit” asook die terminologie van die sielkunde te gebruik, as die onderdrukte resultate van studies wat die voordele van politieke korrektheid bevraagteken, verduidelik Schwartz, ‘n hoogleraar in organisatoriese gedrag by Sakeskool aan die Universiteit van Oakland, die grondslag van politieke korrektheid en waarsku ook die lesers teen die groot gevaar wat dit inhou.

Betreffende die grondslae, gee Schwarz  krediet vir die skepping en instandhouding van politieke korrektheid  soos ons dit vandag ken, maar sien dit ook stewig gewortel in groot ondermenings en korporasies. Sy oorbruggende posisie is juis dat politieke korrektheid ‘n organisatoriese proses is.

Hy verklaar hierdie “proses” deur ‘n argument wat politieke korrektheid stel as ‘n stryd tussen moederlike en vaderlike aspekte van ons samelewing en kultuur, en spesifiek ons organisasies.

Byvoorbeeld, deur die tradisionele Westerse sielkunde van die geslagsrolle as ‘n vertrekpunt te neem, wys Schwarz hoe gesag, objektiwiteit en waarheidseise aan die vader gekoppel word, terwyl vergifnis, subjektiwiteit en pluralisme aan die moeder verbind word. In hierdie raamwerk is daar ‘n letterlike haat jeens die vader, wat in politiek korrekte taal uitgekryt word as die “wit manlike magstruktuur” of “patriargale hegemonie”. Ons sien die vader – die gesagsfiguur in ons lewens – as boos omdat hy eise aan ons stel en kwansuis tussen ons en die sagmoedigheid van die moeder staan. (Swharz maak dit egter duidelik dat individuele moeders en vaders wel groot verskille kan toon in hoe hulle hierdie twee onderskeie domeine verteenwoordig)

In die tradisionele Westerse raamwerk wat deur hom gebruik word, is die vader – en eintlik enige eise wat aan ons selfgesentreerde outonomie gestel word – egter onderdrukkend in ons oë.

Hierdie beskouing is noodsaaklik om die verskeie oorloë teen alles van die kapitalistiese Amerikaanse ekonomie tot die tradisionele gesin te begryp. In die naam van “liefde” en gelykheid marsjeer betogers na Wall Street en wil homoseksuele paartjies dieselfde soort huwelikke as heteroseksuele paartjies aangaan. Wat die leser strykdeur in Schwartz se boek sien, is dat hierdie gevegte eintlik deel is van ‘n oorbruggende konflik, want in hul eenvoudigste vorm, verteenwoordig hulle die oorlog teen gesag, objektiwiteit, tradisies en waarheidseise.

Miskien raak hierdie aspekte die duidelikste as Schwarz beskryf watter impak hulle op die kerk het en hoe hulle ons as’t ware met twee verskillende beskouinge van die kerk gelaat het. Die een is gegrond op objektiwiteit; dit laat ‘n mens strewe om aan God se eise te voldoen en meer soos Hy te word. Die ander het homself losgemaak van hierdie beskouing en doen weg met die vereiste om soos God te wil wees. Dit heroriënteer ons om teen gesag, objektiwiteit en waarheidseise te wees.

In die kerk gegrond op objektiwiteit, vind ons betekenis buite onsself. In die kerk wat objektiwiteit afgeskaf het, word betekenis binne onsself gevind, en die rituele en doktrines van die kerk word bloot herskep as maniere om onsself uit te druk. Selfs hierdie opsommings van Schwartz se punte gaan ver om te verklaar hoekom die kerk in die 21ste eeu so swak lyk. Ons het te maklik ‘n waarheid vir ‘n leuen verruil onder die aanname dat die leuen net nog ‘n soort waarheid is.

Vroeg reeds in Society Against Itself demonstreer Schwartz die valsheid van “ ‘n ander soort waarheid” deur te wys hoe die woorde wat ons gebruik om politieke korrektheid aantreklik te maak nie regtig kommunikeer wat hul gebruikers bedoel nie. Daarbenewens staan hulle vir praktyke wat bewese mislukkings is, maar wat ons weier om op te gee omdat ons opstand teen gesag, objektiwiteit en waarheidseise   vir ons belangriker as noukeurigheid is.

Schwartz gebruik as ‘n voorbeeld die woord “diversiteit”, wat hy sê nie gewoonlik gebruik word om regte “diversiteit” aan te dui nie, maar gebruik word as ‘n manier om teen die natuurlike orde van die samelewing te rebelleer. Hy wys ook dat die najaag van sodanige diversiteit ‘n klaaglike mislukking is. Dit het al miljarde dollars (en rande) gekos, maar het slegs rompslomp, verlaagde standaarde vir prestasie, en die stadige dood van organisatoriese onderskeibaarheid tot gevolg.

Steeds hou ons aan om diversiteit na te jaag, met die kerke wat die tye weerspieël, en ‘n samelewingsraamwerk waaarbinne die oud en grys vir die nuut en blink verruil word. Terwyl ons dit dalk nie nou besef nie, en dit dalk nie wil erken nie, lewer ons deur hierdie proses die leisels van ons lewens oor aan wat Schwartz beskryf as die “emosionele krag” van politieke korrektheid.

Nie slegs is ons nie beter af omdat ons politieke korrektheid najaag nie, maar is ons in der waarheid slegter daaraan toe. Want ons, soos die samelewings waarin ons woon, het ‘n koers gekies waaarin ons die slagordes teen onsself laat opstel.

Bron: University Bookman (Russell Kirk Center)

Comments are closed.

error: Content is protected !!