Die Grootste Afrikaner van Alle Tye: Die uitkloprondtes is hier!

Die Jongerenprojek
September 11, 2012
Sien ons jou by Aardklop?
September 11, 2012

Die uitkloprondtes is hier! Nou raak dinge warm… Paul Kruger en Koos de la Rey sê mekaar die stryd aan, Mimi Coertse kan dalk ‘n uitklophou slaan, Riaan Cruywagen daag Steve Hofmeyr uit… Jou gunsteling-ikoon het jou hulp nodig!

Vertel ons ook waarom jy dink Paul Kruger moet byvoorbeeld vir Koos de la Rey uitstof? Of waarom jy dink MER verdien eerder die titel as CJ Langenhoven? Watter fiktiewe karakter het die diepste spore in Afrikaans getrap – Liewe Heksie of Haas Das? Jy kan kommentaar op die blad lewer, dit met jou vriende deel op Facebook, of selfs op Die Grootste Afrikaner van Alle Tye se Facebook-blad jou stuiwer in die armbeurs kom gooi. Ons wil graag van jou hoor!

Besoek afrikaner.maroelamedia.co.za sommer vandag nog! Teken in met jou e-posadres of deur jou Facebook-rekening en raak deel van die stryd! Klik op enige van die vyf “gevegte” waarmee jy wil afskop, en klik “stem” wanneer jy jou gunsteling tussen dié twee karakters vasgestel het. Wanneer jy “gaan voort” klik, kan jy óf teruggaan na die geveg, óf aan ʼn nuwe geveg deelneem. Sluit aan by ons Facebook-blad om seker te maak jy bly op hoogte van al die opwinding!

Comments are closed.

error: Content is protected !!