Die Grootste Afrikaner van Alle Tye: Die uitkloprondtes is hier!
September 11, 2012
Kom raak weer VROLIK saam met die FAK-sangbundel II
September 11, 2012

Die bekendstelling van die nuwe FAK-sangbundel word met ’n baie spesiale Aardklop-konsert gevier. Met musiek van Koos du Plessis, Anton Goosen, Chris Chameleon en al die groot liedjieskrywers van die afgelope tyd, beloof dit om ’n viering van die beste Afrikaanse musiek te wees.

Met Theuns Jordaan, Jak de Priester, Anna Davel, Ollie Viljoen, Brandon October, Mathys Roets, Pieter Smith, Bad Habits (sanggroep met Anneke Visagie, Karen Wessels, Heidi Edeling, Fanie Fouche, Roelof Colyn) en die Puk-koor. Musiekregie: Janine Neethling. ’n Eenmalige vertoning by Clover Aardklop! As jy deel van die uitverkorenes wil wees, kry vir jou ’n kaartjie teen R150 in die goue sirkel. Andersins kan jy ’n stoel huur vir R5, of jou eie bring. En onthou die kappies, die karos en die biltong. Iets vir die keel sal te koop aangebied word.

Besoek  Aardklop se webblad vir meer inligting www.cloveraardklop.co.za

Comments are closed.

error: Content is protected !!