Kom raak weer VROLIK saam met die FAK-sangbundel II
September 11, 2012
In de boekenkast: Afrikaners; de lotgevallen van een volk op drift
September 26, 2012

deur Rudolf Stehl

FAK FANTASTIES is ’n konsert wat die musiekregisseur Janine Neethling saamstel ter viering van die 75ste bestaansjaar van die FAK-sangbundel en die bekendstelling van die nuutste uitgawe.

Dié joligheid word as ’n buitelugkonsert vir die hele gesin op vanjaar se Clover-Aardklop-kunstefees in Potchefstroom aangebied.

Talle gewilde Afrikaanse liriekskrywers se musiek sal opgedis word.

“Daar is te veel om te noem, maar die gehoor sal gunstelinge kan hoor van onder andere Koos du Plessis, Chris Chameleon, David Kramer, Anton Goosen, Johannes Kerkorrel, Laurika Rauch, Lucas Maree, Christa Steyn, Karen Zoid, Gert Vlok Nel en Koos Kombuis,” sê Neethling.

Anna Davel, Jak de Priester en Theuns Jordaan sal hul eie komposisies sing wat in die nuwe bundel opgeneem is. Ander sangers wat optree, is Mathys Roets, Brandon October, Pieter Smith, Ollie Viljoen, die Puk-koor en ’n a cappella-groep wat spesiaal vir die geleentheid saamgestel is.

Die jongste bundel is die vierde sedert die eerste uitgawe in 1937.

Bok van Blerk se De la Rey en ­Karen Zoid se Engel is onder die toevoegings tot die nuutste bundel. ) Die konsert is op 5Oktober om 20:00 in die Senwespark-krieketstadion. Kaartjies (R100) is by Computicket.

– Volksblad

www.volksblad.com

Comments are closed.

error: Content is protected !!