Watter ideologie heers in Suid-Afrika?
Oktober 30, 2012
Bestel jou sangbundel nou!
November 5, 2012

Deur Alet Rademeyer, Beeld 2012-11-02 22:09

Die spotprenttekenaar wat ’n welkome gas in elke Beeld-leser se huis geword het en si¬noniem is met die oulike streepkat in sy sketse, is gisteraand deur die FAK vereer.

Frans Esterhuyse teken al meer as 38 jaar spotprente. Hy is met die FAK-HB Thom- en MJ Thom-toekenning vereer.

In die commendatio wat gisteraand by die Voortrekkermonument oor hom voorgehou is, word hy erken vir sy werk waarmee hy dit regkry om beter insig in nuusgebeure te gee wat wissel van ernstige politieke situasies tot ontstellende sportnederlae.

Hy kry dit reg om met nuanse diep waarhede oor te dra aan daardie mense wat andersins oningelig sou gebly het omdat hulle nie alle berigte lees nie. Ander kere is hy daardie sonstraal tussen die ellende wat mense net laat lag, al voel dit of die wêreld knyp.

Die kat met al sy streke en sy nie-verbale boodskappe het saam met Esterhuyse diep spore in die geskiedenis van die land getrap.

Hy het gister vertel in die eerste uitgawes van die destydse Oggendblad moes hy ’n spotprent teken oor “radikale takhare (linkses) wat op ’n trein op ’n stasie na Koeke-naap gestuur is en hul weg terug moes vind. “Op die stasie was ’n kat soos wat daar maar altyd by elke stasie ’n kat rondgeloop het.”

Esterhuyse het hom in die bepaalde spotprent gesit en met die volgende prent is hy gevra waar die kat heen is.

Van toe af is die kat daar.

Vir meer inligting besoek Beeld se webtuiste, klik hier

Comments are closed.

error: Content is protected !!