Maroela Media
Januarie 20, 2013
Dameskring
Januarie 22, 2013
www.voortrekkermon.org.za

Hoogtepunte rondom 1838 sal geselekteer word en maandeliks op dié gekose datum saam met ‘n kanonskoot by Fort Schanskop bekend gestel word. Inligting oor die gekose datum se belang sal ook aan die media beskikbaar gestel word.

Twaalf Afrikaner-monumente in die land is geïdentifiseer en ‘n fotokompetisie word van stapel laat loop en fotografieklubs word gevra om daaraan deel te neem. Die wenfoto’s sal in ‘n verjaardagkalender (met die beoogde 175-embleem) opgeneem word en as deel van die VTM se “175-vieringe” aan die publiek vir verkope beskikbaar gestel word. Klik hier vir ‘n bestelvorm

Die Voortrekkermonument-publikasies Hulle was Daar (Name van Voortrekkers wat aan die slag van Bloedrivier deelgeneem het) en Kanon Grietjie, albei nagevors deur Estelle Pretorius, sal met die beoogde 175-embleem herdruk word.

Die Gelofte in Engels, Afrikaans en Nederlands op graniet sal as ‘n interpretasiepunt by die monument geplaas word. Die presiese plek sal nog bepaal word. Om die geleentheid (175 jaar) bekend te stel, sal die granietpaneel met die Geloftebewoording en verduideliking daarvan op 16 Desember 2012 onthul word. Op 16 Desember 2013 sal ‘n gedenkpaneel onthul word om die gedenkjaar af te sluit. Daar is gedagtes oor die organisasies wat deelgeneem het, die belangrikheid van 2013 en aandenkings/memorabilia en briefies van die jeug sal onder die paneel geplaas word om met die 200-jarige herdenking geopen te word.

‘n Paneel van die name van Hulle was Daar sal in die VTM-museum teen die oostelike muur aangebring word, indien die nodige geld beskikbaar is.

‘n Groot Trek-kultuurfees op die piekniekterrein sal op Erfenisdag, 24 September 2013 aaangebied word. Dit sal insluit: modeparade, kinderspeletjies, sweepvleg, jukskei, danse/musiek, Trekkerkos/-geregte en ‘n praatjie oor die lewe tydens die Groot Trek deur ‘n kundige – alles om die Groot Trek gesentreer.

Comments are closed.

error: Content is protected !!