Bidsaam
Januarie 23, 2013
Profiel: Generaal Jan Smuts
Januarie 28, 2013

Ons beplan ‘n toer wat gaan afskop by Winburg . Die plek waar die eerste vergadering gehou is tydens die samekoms van die Trekke gedurende 1836 . Hiervandaan is ons plan om dan die trekroete so na as moontlik te volg .

Dws . Die plekke besoek soos Liebenbergskoppie , Renosterrivier waar Paul Kruger sy eerste Leeu geskiet het , Vegkop , Doornkloof waar Sarel Cilliers begrawe lê , Kerkenberg , Retiefpas , Italeni , Bloukrans , Zaailager , Van Rensburgkoppie , Umgungungluvo , wasbank en dan te eindig by Bloedrivier self .

Die gedagte is om soeel as moontlik persone 13/14 Desember by Wasbank bymekaar te bring waar die gelofte afgele word . Dan beweeg almal 14/15 Desember na Bloedrivier om dan te deel in die feesvieringe die 15 e en ook die 16 e Desember .

Die program sal in fynere detail begin 2013 bekend wees vir bemarking .

 

Erfenisvereniging van Centurion

 

om ‘n kultuurhistoriese publikasie uit te bring oor die Erasmus Voortrekker wat die pioneer in die huidige Centurion was, vorder goed. Wanneer moet dit klaar wees? 16 Des 2013?)

 

Die Erfenisvereniging van Centurion beoog om ‘n kultuur-historiese publikasie uit te bring van Daniel Jacobus Erasmus, Voortrekker en pionier wat tussen 1840 en 1842 aan die suidelike kant van die latere Pretoria gevestig het. Johan Barkhuizen, geskiedenisonderwyser en adjunkhoof van die Hoërskool Centurion sal in samewerking met Mieka Erasmus, genealoog van die Erasmusfamilie, dit skryf.

 

GHA embleem en betrokkenheid.

Pieter Oosthuizen is besig om die GHA-embleem te moderniseer, daarom het ek dit nog nie kon aanstuur nie. Maar julle moet asseblief vir ons ‘n plekkie reserveer op die webblad.

Ons sal ‘n Kuns en Geskiedenis kompetisie volgende jaar onder skoliere aanbied soos met die Van Riebeeckfees in 2002 en die Pretoria 150fees in 2005, maar met die Groot Trek as tema. Die laer grade sal prente kry om in te kleur en die hoër grade take om te maak wat skryf en modelle-bou insluit.

Ook met ons jaarlikse gedigtekompetisie, sal een van ons temas die Groot Trek wees, waar digters sal kan skryf oor die verskillende leiers soos Piet Retief, Gerrit Maritz, Piet Uys, Hendrik Potgieter en Andries Pretorius. Dan ook oor die verskillende veldslae soos Bloedrivier en Vegkop. Ook oor die dorpies wat gestig was en onderhandelinge en ooreenkomste met die verskillende Swartvolke. En dan natuurlik: die Voortrekkermonumente in Pretoria en Winburg asook monumente van ons helde.

Dan is ons ook besig om met Inge le Roux die moontlikheid te ondersoek om ‘n Afrikaanse Dagboek vir 2013 uit te gee. Die dagboek sal fotos van die Groot Trek bevat asook kort geskiedenisfeite soos geboortedatums, sterfdatums, trekdatums, datums van gesondere gebeurtenis en veldslagdatums. Ook bekende gesegdes van leiers en die Manifes van Piet Retief. Ons wil graag alle deelnemende organisasies uitnooi om hulle aktiwiteite deur te gee sodat dit ook in die dagboek gepubliseer kan word. Deelnemende organisasies is ook welkom om ook ‘n advertensie in die dagboek te plaas. Dit sal help om die kostes te bestry en ‘n groter samehorigheid uit te beeld.

Comments are closed.

error: Content is protected !!