Wêreldberoemde Nederlandse orkes in Suid-Afrika

De koningin is klaar, leve de koning!
Maart 5, 2013
FAK Afrikaanse Skole-Ekspo
Maart 5, 2013

Die Nederlandse  “Koninklijk Concertgebouworkest” (KCO) bestaan vanjaar al 125 jaar en gaan as deel van die ooreenstemmende feesvieringe op ’n wêreldtoer. Die orkes besoek lande in ses verskillende wêrelddele, waaronder Suid-Afrika. Die KCO tree begin Maart in Kaapstad, Durban en Pretoria op.

Algemene direkteur Jan Raes sê oor die KCO: “Musiek verbroeder en verbind. Die orkes is ’n belangrike kulturele ambassadeur en word genooi deur al die groot konsertsale. Ons is trots daarop, en ons deel dit graag met almal. In die orkes, wat 120 musikante tel, waarvan omtrent 70 van Nederland is en 50 uit die res van die wêreld is, word meer as 20 nasionaliteite verteenwoordig. Dit is ’n afspieëling van die wêreld.” Die besoek aan Suid-Afrika sal ook bydra tot die feesverrigtinge rondom die 30-jarige bestaan van die KwaZulu Natal Philarmonic Orchestra (KZNPO).

Die orkes, wat in 1888 opgerig is, mag sedert die 100-jarige jubileum die titel “Koninklijk[1] ” dra. Deur die jare het die orkes saamgewerk met groot komponiste. Richard Strauss, Gustav Mahler en Ivor Stravinky het al onder andere die orkes gedirigeer. Jaarliks bied die orkes omtrent tagtig konserte in die Concertgebouw in Amsterdam aan, en nog sowat veertig addisionele op die wêreld se belangrikste podiums.

Die orkes word veral geroem om uitvoeringe van Mahler en Bruckner se werke. Vir die duur van hierdie toernee werk die orkes saam met die wêreldbekende violis Janine Jansen.

Jan Raes verklaar dat die KCO baie uitsien na die Suid-Afrikaanse toer. Die beestuurspan sowel as die musikante het ten doel om met elke voorstelling luisteraars die  moontlikheid te bied om ‘die onhoorbare’ te hoor, die ‘onvoelbare’ te voel en die ‘onbereikbare’ aan te raak, waardeur magie ontstaan en die konserte onvergeetlike ervarings word. “Ons sien uit daarna om die Suid-Afrikaans musiekliefhebbers in vervoering te bring.”

Konserte:

Kaapstad

9 Maart, 20:00 , Artscape Opera House

Durban

10 Maart, 19:00 , City Hall

Pretoria

12 Maart, 19:30, Staatsteater

Dirigent: Charles Dutoit

Solis: Janine Jansen, viool

 

Program:

Jan Wagenaar Overture “Cryano de Bergerac” op. 23

 

Peter I. Tchaikovsky Violin Concerto, op. 35

 

Johannes Brahms Symphony No. 1, op. 68

 

Kaartjieverkope deur Computicket

 

Comments are closed.

error: Content is protected !!