FAK: Nasate projek
April 2, 2013
Dokumentêr “Dat is andere taal!” met Stef Bos
April 11, 2013

April 2013

Die Boekenweek in Nederland het vanaf 16 tot 24 Maart plaasgevind: ’n tradisie wat teruggaan tot 1932, en wat daarop gerig is om die posisie van die Nederlandse boek te versterk. Hierdie jaar se tema was “Gouden tijden, zwarte bladzijden”, wat verwys na hoogte- en dieptepunte uit die Nederlandse geskiedenis.

Tradisioneel skop die Boekenweek af met die gewilde Boekenbal, waarvoor net sekere skrywers en belangrike persone uit die uitgewerswêreld genooi word. Gedurende die hele week is daar skrywersoptredes in biblioteke, by skole en boekwinkels dwarsdeur die land om die aandag te vestig op lees en boeke. Soos elke jaar kry elkeen die gratis Boekenweekgeschenk by aankoop van ’n boek. Vanjaar se Boekenweekgeschenk, De verrekijker deur Kees van Kooten, het wisselende beoordelings ontvang.

Daar word ook elke jaar ’n Boekenweekessay geskryf, en in 2013 is skryfster Nelleke Noordervliet hiervoor genooi. Hendrik-Jan de Wit het oor die essay De leeuw en zijn hemd ’n resensie geskryf wat op LitNet gepubliseer is: http://www.litnet.co.za/Article/nelleke-noordervliet-maakt-reis-door-grijs-verleden

Comments are closed.

error: Content is protected !!