Dokumentêr “Dat is andere taal!” met Stef Bos

Boekenweek Nederland
April 11, 2013
Oor die Republikeinse Gedagte
April 11, 2013

April 2013

“Dat is andere taal!” is ’n dokumentêre program van die Nederlandse plaaslike TV-stasie, Omroep West. In een van die episodes gaan die verslaggewer saam met Stef Bos terug na Veenendaal, die dorp waar Stef Bos groot geword het en wat hy noem: “Mijn geestelijke Bermudadriehoek”: – sy geboortehuis, skool en kerk.

Hulle praat oor hoe dialek vormend is vir jou taal en die taalontwikkelings wat Stef Bos deurgemaak het: van die Veenendaalse dialek na Antwerps en Afrikaans. Oor Afrikaans sê Stef Bos: “Het is, als je Afrikaans hoort, alsof je je eigen moeder tegenkomt terwijl ze eigenlijk achttien jaar is en in de bloei van haar leven.”

Ook bring hulle ’n besoek aan Stef Bos se pa, vir wie hy, in die sitkamer, sy bekende liedjie “papa” speel.

Kyk die episode gerus aanlyn by: https://www.youtube.com/watch?v=95DIgCF4h68

Comments are closed.

error: Content is protected !!