FAK skolekompetisie: Jou skool kan wen!

FAK-Udolpho Kampterrein: Bespreek nou.
April 11, 2013
Die GHA se jaarlikse gedigtekompetisie
April 17, 2013

Die Federasie van Afrikaanse kultuurvereniginge is die oudste sambreelorganisasie vir Afrikaanse kultuurverenigings in die land en is reeds in 1929 gestig. Die FAK het deur dekades leiding op kulturele gebied geneem om Afrikaanse kultuur te versterk en uit te bou. Die FAK wil graag kyk hoe ons Afrikaanse skole kan ondersteun in die bevordering  van kultuur veral met die oog op Afrikaanse musiek.

FAK Skole Toekennings
Die FAK wil graag toekennings gee aan matrikulante wat ’n besonderse prestasie behaal in Kuns, Musiek of Geskiedenis. Die FAK skenk hiervoor trofees aan belangstellende skole.

Indien u skool sou belangstel  in ʼn trofee kontak asb. vir Samantha Muller by samantha@fak.org.za of 012 301 1777 vir meer inligting.

Udolpho kampterrein
Udolpho is die FAK se kampterrein geleë op die oewer van die Vaalrivier, net buite Parys.  Die kampterrein is ideaal ingerig vir skool/kerk kampe, seminare, spanbougeleenthede en vele meer, teen bekostigbare pryse.
Die FAK bied 25% afslag aan vir Afrikaanse skole wat in die week van die terrein gebruik wil maak.

Kontak gerus vir Trudie Stevens by udolpho@fak.org.za of 056 818 1197 vir meer inligting.

FAK Sangbundelprojek
Die splinternuwe FAK Sangbundel Volume 2  is in 2012 bekend gestel met meer as 800 bladsye se lekkersing Afrikaanse liedjies. Die Sangbundel is in ses rubrieke verdeel om voorsiening te maak vir koorwerk, treffers, kinderliedere, geestelike musiek, kunsliedere en immergroen Afrikaanse liedere. Soos die ou FAK Sangbundel is die nuwe Sangbundel ʼn moet vir elke Afrikaanse skool. Ten einde Afrikaanse liedere onder ons jeug te bevorder wil die FAK ʼn kompetisie loods in laerskole. Deelnemende skole kry ʼn gratis Sangbundel en kinders staan ook ʼn kans om ʼn Sangbundel te wen. Elke skool wat aan die Sangbundelprojek deelneem staan ook ’n kans om ’n konsert van ’n bekende Afrikaanse kunstenaar te wen.

Skole wat belang stel kan vir Lindie van Zyl kontak by lindievanzyl@fak.org.za of 012 301 1777 vir meer inligting.

Comments are closed.

error: Content is protected !!