FAK skolekompetisie: Jou skool kan wen!
April 11, 2013
Die GHA en Volksgenote vier Van Riebeeckdag by die Voortrekkermonument
April 18, 2013

Alle Digters en Skrywers

Graag herinner ons u aan die GHA se jaarlikse gedigtekompetisie wat op 30 Junie 2013 sluit.

Daar is vier kategorieë waarin deelgeneem kan word: ope, voorgraadse studente, hoërskoolleerlinge en laerskoolleerlinge

In al vier hierdie kategorieë is die Groot Trek onder andere ʼn tema waarin digters hulle gedigte kan inskryf.

Die wenners word tydens die GHA Glansaand op 2 November 2013 aangekondig. ʼn Bloemlesing met ʼn keur van die gedigte word ook dié aand daar vrygestel. Die titel van dié bloemlesing is Stemme uit die Suiderland VIII.

Skole wie se leerlinge deelneem aan dié kompetisie, sal ʼn gratis kopie van Stemme uit die Suiderland VIII vir hulle biblioteek ontvang.

 

Klik vir die inskrywingsvorm en die kompetisiereëls:

Comments are closed.

error: Content is protected !!