Die FAK, jou vennoot in idee, kultuur en geskiedenis

Boekresensie: Kaap van Slawe
Mei 14, 2013
ʼn Webtuiste vir al jou taalvrae
Mei 14, 2013

Deur Lindie van Zyl – Mei 2013

Die geskiedenis is die bewaarder van die herinnering van grote dade en die getuie van die verlede, die voorbeeld en die leermeester van die hede.

Met die FAK se hoofdoel om idees te genereer, kultuur te behou en geskiedenis te laat voortleef, is daar nou ʼn platform geskep waar al die nodige inligting oor groot Afrikanerleiers gevind kan word.
Met die bekendstelling van die Afrikaner biografiese profiele maak dit dit nou makliker om die nodige feite vir skooltake op een plek te kry.

Wynand Boshoff, die skrywer van die profiele, behaal ʼn BA graad met Afrikaans en Geskiedenis as hoofvakke aan die Universiteit van Pretoria. Hy voltooi sy Magister in Volhoubare Landbou aan die Universiteit van die Vrystaat en sy Ph.D. in Opvoedkunde (Kurrikulumstudies en Instruksionele Ontwerp), aan die Universiteit van Pretoria.
Sedert 2011 doen hy vryskut navorsingswerk vir Solidariteit en die FAK.

Daar sal maandeliks in die FAK se nuusbrief ʼn profiel verskyn van ʼn Afrikanerleier. Klik hier vir al die vorige profiele 

Besoek gerus die FAK se webtuiste www.fak.org.za vir meer inligting.

Comments are closed.

error: Content is protected !!