ʼn Webtuiste vir al jou taalvrae

Die FAK, jou vennoot in idee, kultuur en geskiedenis
Mei 14, 2013
FAK seminaar “Identiteitspolitiek en kulturele ondernemerskap in Europa”.
Mei 14, 2013

Deur Lindie van Zyl – Mei 2013

Het jy ‘n vraag oor enige kwessie rakende die Afrikaanse taal? Jou antwoord is nou hier. Vinnig, betroubaar en akkuraat. Mieliepit, ʼn Afrikaanse webwerf, is daar om taalvrae te beantwoord en problematiese taalkwessies te bespreek. Die webmeester is dieselfde gesoute opvoedkundige joernalis, G Olwagen, wat oor jare heen die gewilde Mieliestronk-webwerf vir Skoolprojekte opgebou het.

Die webwerf maak dit moontlik vir leerders,, onderwysers en enige belangstellendes om deur middel van ʼn e-vorm in kontak te tree met die taalghoeroes vir vrae oor grammatika, idiome, korrekte woorde, ensovoorts.

Daar is gereeld ʼn taalkenner aan diens wat sal probeer om vrae so gou as moontlik te beantwoord. Deur slegs na vorige vrae op die webblad te gaan kyk , los jy dalk sommer self ʼn probleem op.

Gaan loer gerus na die taalskatte op hierdie webblad www.mieliepit.net16.net

Comments are closed.

error: Content is protected !!