In die harem van Silkaats was twee Voortrekkermeisies. . .
September 20, 2013
Opwinding toe gedenktrek-“waens” riviere tussen Oos-Kaap en Vrystaat oorsteek
September 23, 2013

Danie en Tienie

Gesels met Tienie Theunissen op die stoep van Andries Stockenstrom se huis. Stockenstrom was luitenant-goewerneur van die Oos-Kaap voor die Groot Trek. Hy en Retief het gereeld gekorrespondeer. Kan nogal dink dat Retief ook op die stoep gesit en koffie saam met Stockenstrom gedrink het.

 

Voorstoep van Piet Retief se huis

Op die voorstoep van Piet Retief se huis. Kyk uit oor Koonapvallei. Tydens die Grensoorlog was die fort 14 dae onder beleg. Wys duidelik iets van Retief die man. Uitstekende millitere strateeg. Netjies gebou sodat dit 175jaar later nog steeds staan.

 

1238129_537417382996735_516280689_n

Op 18 September het ons op die werklike waspore van Retief oor die Winterberge getrek. Die vorige trekke (1938/1988) was van dorp tot dorp. Ons is die eerste groep in 175 jaar wat op Retief se spore gevolg het. Op een plek het ons nege rye wa-spore getel.

 

Monumentjie

Die agt viertrek-waens en sleepwa van die trekkers wat die Groot Trek 175 jaar gelede gedenk, het gister die gedugte Winterberge, die eerste groot uitdaging op die spore van die trekleier Piet Retief na KwaZulu-Natal, getem.

 

Deur die Caledonrivier

Die vier-trekkers het vandag oor die Caledonrivier getrek! Die adrenalien was hoog, modder en water wat spat!

 

Tienie en Chris

Chris Oelschig help vir Tienie Theunissen van Kyknet teen die sandwalle van die Caledon uit.

 

Kap pad skoon

Die Voortrekkers het met panga’s die pad vir die 4×4 voertuie uitgekap.

 

Stofstorm

Vier-trekkers vasgevang in ‘n groot stofstorm naby Bloemfontuin waar ons kamp opslaan vanaand.

 

1234694_537849596286847_1955223504_n

Die 4×4 voertuie was bestuur deur Gerhard Groenewald (links) en Choppie Lindstroom. Grietjie Swanepoel (middel) het oorleef, net-net …

 

Monument van Voortrekkerterrein Morokashoek

Monument van die Voortrekkerterein in Morokashoek.

 

Spotprent

Spotprent in 20 September se Volksblad. Elke dag ‘n artikel met ‘n volkleurfoto. Geweldige positiewe reaksie van RSG. Goeie kommentaar op WEG se web. Dankie aan die span joernaliste wat die ervaring met ons deel.

 

Vories maak reg

Voortrekkers maak reg vir die funksie by die Vrouemonument.

 

Sendingkerk by Thaba Nchu

Sendingkerk by Thaba Nchu. Een van die mooiste kerke!

 

Danie en Niel

Saam met Niel by die NG Kerk in Thaba Nchu. Die kerk is in Jan 1906 ingewy en my oupa is in Des 1906 in die kerk gedoop. So ontdek ons iets van ons eie storie tydens die reis.

 

Danie en Gerhard trap spore

Spore word getrap deur dr. Danie Langner en Gerhard Groenewald.

 

4x4

Die 4×4 voertuig het ook sy merk op die FAK vierrit monument geplaas. (Bestuur deur Gerhard Groenewald)

 

Granietsteen by Vrouemonument

Granietsteen by die Vrouemonument. Dit is die derde een wat gelê is (die ander is by Retiefspos en bo-op die Winterberg). So lê ons ook ons eie spore wat ons verbindtenis met die spore van die verlede herbevestig. Vandag bou ons weer ‘n monumentjie by Vegkop.

 

Colin Steyn skiet

Colin Steyn en die Oorlogspoortkommando skiet ‘n paar skote met mausers en voorlaaiers.

 

Vories druk ore toe

Voortrekkers druk hulle ore toe.

 

 

 

 

0 Comments

  1. GERT JACOBS sê:

    Hi daar. Ek is opsoek na die dvd “Groot Trek Viertrek”. Waar sal ek dit in die hande kan kry asseblief?

  2. hannie sê:

    Beste Gert, e-pos asb. jou kontakbesonderhede na fak@fak.org.za dan skakel ons jou. Vriendelike FAK-groete

Laat 'n boodskap

error: Content is protected !!