Geheime Britse slawebedryf in SA eerste keer te boek
November 18, 2013
Nasionale Vrouemonument
November 28, 2013

Voorgelê deur Republikein op Wo, 2013-11-20 08:05

Afrikaners wat diep spore in die sakewêreld, onderwys, uitsaaiwese en kultuur getrap het, is onlangs in Pretoria deur die Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings (FAK) vereer. Mnr. Nico Tromp het die FAK-toekenning vir Uitnemende Leierskap ontvang vir sy saakmakende en rigtinggewende leierskap, harde werk en deursettingsvermoë. Dit is die eerste keer sedert 1929 dat die FAK ‘n Namibiese burger op dié wyse vereer. Tromp is onder meer ‘n stigterslid van die Namibiese effektebeurs, hoofbeskermheer van die Voortrekkers en het ‘n selfhelptrust geskep vir die bevordering van die Afrikanerkultuur in Namibië. Nicolaas Cornelius Tromp is op 13 April 1949 in Windhoek gebore en het ‘n BCom-graad aan die Vrystaatse Universiteit behaal. Vanaf 1974 werk hy by Nictus Beperk en dien sedert 1979 as besturende direkteur en voorsitter van verskeie direksies van die Nictus-groep. In 1998 het die groep sy sakebelange na Suid-Afrika uitgebrei hy dien ook as besturende direkteur van Nictus RSA. Hy was ook voorsitter van die Veritas Eksekuteurskamer, direkteur van Nictus Holdings Beperk in Namibië en het op verskeie trusts vir 25 jaar diens gelewer. Hy is vir die afgelope 15 jaar lid en voorsitter van die Afrikaanse Sakekamer in Windhoek.

http://www.republikein.com.na/kultuur/fak-toekenning-vir-nico-tromp.214802

 

Laat 'n boodskap

error: Content is protected !!