Op 16 Desember word die jaarlikse Geloftefees by die Voortrekkermonument gehou.
Die Gelofte
“Hier staan ons
voor die Heilige God van Hemel en aarde,
om ‘n gelofte aan Hom te doen dat,
as Hy ons beskerm en ons vyand in ons hand sal gee,
ons dié dag en datum elke jaar as dankdag,
soos ‘n Sabbat sal deurbring en
dat ons ‘n huis tot Sy eer sal oprig
waar dit Hom behaag,
en dat ons aan ons kinders sal sê
dat hulle met ons daarin moet deel
tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte,
want die eer van Sy naam
sal verheeerlik word
deur die roem en die eer
van oorwinning
aan Hom te gee.”
Geloftediens 2013
Programleier:
Hoofsekretaris van Die Voortrekkers
07:30 Hekke open (Toegang gratis)
08:15 Samesang:
Sangleier: Lukas de Kock
Orrelbegeleiding: Tertia Knobel
08:30 Opneem van kollekte (Ten bate van die Voortrekkermonument)
09:00 Lees van die Gelofte
09:05 Geloftediens word gelei deur: Dr Wouter van Wyk
10:00 Afsluiting – wegpak van stoele
10:15 Bou van ATKV-wa voor die trappe van die Monument, deur lede van die ATKV
11:00 VTM Hoofhekke open vir algemene publiek (Volle toegang is betaalbaar)
12:00 Waarneming van die son op die Senotaaf
0 Comments
Die gelofte is as volg in die amptelike joernaal van die uitgewekene Boere genotuleer:
“en dat hy aan die Almagtige`n gelofte wou doen indien almal inwillig om, sou die Here ons die oorwinning gee, `n Huis ter nagedagtenis van Sy groot Naam te stig waar dit Hom sal behaag en dat hulle ook moes smeek om die hulp en bystand van God om hierdie gelofte verseker te kan volbring”
Die gelofte is tydense die oggenddienste van die drie gemeentes in die laer duer die drie voorgangers, Cilliers, Landman & joubert, tydens die hoofgebed verwoord.
Cilliers het die diens in Hoofkommandant Pretorius se tent gelei.
Daar was ‘n totaal van 462 Boere in die kommando.