Sien om na eie belange, sê kenner
Februarie 25, 2014
Kulturele outonomie
Februarie 27, 2014

deur prof DANIE GOOSEN.

Vanjaar presies 160 jaar gelede –  op 23 Februarie 1854 – kom die Republiek van die Oranje-Vrystaat tot stand. By verre die meeste mense het hierdie gebeurtenis egter vergeet. Vir talle is dit nog slegs ’n vae herinnering. As die figuurlike man in die straat gevra word wat die betekenis van die ou republiek vandag is, sal hy sy skouers ophaal. Of is dit so? Behoort die Vrystaatse republiek, wat eens as ’n modelrepubliek beskryf is, werklik tot die verlede? Nog nader geformuleer, is die republikeinse gedagte ten grondslag van die ou republiek dood? As die gesprekke wêreldwyd gevolg word, is die antwoord ’n duidelike ‘nee.’ Oor die afgelope dekade het ’n stortvloed van publikasies daaroor verskyn. Nog geen einde is in sig nie.

Maar waarom trek die republikeinse gedagte soveel aandag? Ten diepste hou dit met die aard van die globale wêreld verband. En met die mag van burokratiese state en multinasionale korporasies. Gemeenskappe van allerlei soorte (lokale, stedelike, regionale, kulturele, ensovoorts) voel hulself toenemend uitgesluit, gemarginaliseer, magteloos. In plaas daarvan dat hulle op ’n demokratiese wyse oor hulself besluit, lê die effektiewe mag by die groot state en korporasies. Geen wonder dat gemeenskappe vandag opnuut na die betekenis van die republikeinse gedagte vra nie. En hoe anders? Vanaf die Klassieke Griekeland tot en met vandag draai dié gedagte rondom die kwessie van deelname. ‘Hoe kan gemeenskappe aan gemeenskaplike sake deelneem,’ vra republikeine vanaf die vroegste tye.

 

En dit bly nie net by ‘vra’ nie. Gemeenskappe speel wêreldwyd ’n toenemend belangrike rol in plaaslike owerhede, in stede, in hulle eie instellings. So skryf Benjamin Barber onlangs dat stede vandag op die voorgrond tree, omdat hulle aan gemeenskappe ruimtes bied waarbinne hulle op ’n sinvolle wyse aan gemeenskaplike sake kan deelneem. Volgens republikeine is ’n deelnemende lewe van die allergrootste belang. Waarom? Omdat ons as mense, sê republikeine, deur ons deelname aan gemeenskaplike sake tot ons reg kom. Trouens, ons ‘geluk’ as mense hang daarvan af, veral as ons op ’n uitnemende wyse daaraan deelneem.

Maar wat van die Republiek van die Oranje-Vrystaat? Dit is so dat die republikeinse gedagte wêreldwyd ’n hoogs aktuele tema is. Maar dit beteken tog nie dat die Vrystaatse republiek ’n lewende werklikheid is nie? Drie tendense bewys eerder dat die ou republikeinse tradisie onder ons mense ‘morsdood’ is. Eerstens is daar ’n klein groepie wat nostalgies na die ou republieke, ook die Vrystaatse republiek, verlang. En hoe erger die bestaande staatlike orde verswak (en dinge soos misdaad, gebrekkige dienslewering en selfverrykende elites ons al hoe minder na ’n modelrepubliek laat lyk), des te sterker word die nostalgie. Maar nostalgie is verlammend. Alhoewel dit ons goed oor ons verlede laat voel, lei dit tot geen ‘republikeinse dade’ nie. Soos deelname, inspraak en die strewe na die gemeenskaplike goed.

Tweedens is daar ’n groter groep wat ‘individualiseer’ en hulle rug op republikeinse dinge draai. Hulle vestig eerder hulle aandag op hulle eie private belange, veilig agter hoë mure geëmigreer. Soos nostalgie is individualisering egter ook verlammend. Dit beroof ons van die geleentheid (republikeine sou sê ‘voorreg’) om aan gemeenskaplike dinge deel te neem. Derdens is daar diegene wat eenvoudig niks van die verlede wil weet nie. Hulle steek hulle koppe in die sand en maak asof ons geskiedenis in 1994 begin het. Vir hulle bestaan daar geen republikeinse aanknopingspunte nie. Geen wonder dat hulle ook geen toekomsbeeld het nie.

Anders as wat uit hierdie tendense afgelei kan word, is die republikeinse gedagte egter nie dood nie. Ons verduidelik met ’n effense omweg. In die verlede is die republikeinse gedagte met die sfeer van die ‘politieke’ verbind. Maar die wêreldwye herlewing daarvan gaan vandag met ’n enorme verskuiwing gepaard: die fokus word vandag toenemend na die sfeer van die ‘sosiale’ verskuif. ’n Egte republikeinse lewe is hiervolgens nie soseer binne politieke instellings moontlik nie, maar eerder in gemeenskappe se betrokkenheid by hulle eie sosiale instellings. Dit wil sê by hulle gesinne, skole, universiteite, kerke, uitgewers, teaters, sosiale media, kultuurorganisasies, sportstadions, vakbonde, burgerregtebewegings, veiligheidsnetwerke, ensovoorts.

Iets soortgelyk is vandag besig om in Suid-Afrika te gebeur. Uiteraard verskil die redes daarvoor. Wêreldwyd ontmoedig state en korporasies deelname vanweë hulle burokratiese aard. In Suid-Afrika ontmoedig die staat deelname vanweë die uitsluitende aard van die meerderheid en die ideologiese vooroordele van die regerende elite. Die gevolgtrekking is dieselfde: gemeenskappe neem hulle toevlug tot die sfeer van die sosiale. Daar kan hulle ’n beduidende verskil ten opsigte van hulle onderskeie wêrelde maak.

Behoort die modelrepubliek wat die Vrystaat was tot die verlede? Vanweë blote historiese redes ‘ja.’ Maar beoordeel aan die hand van wat met sosiale instellings gebeur, is die republikeinse erfenis vandag – verrassend genoeg – springlewendig. Vanweë die deelname van die gemeenskap presteer sommige van ons instellings vandag soos nog nooit in die verlede nie. Hieraan is nog geen einde in sig nie. Waarom? Omdat alles daarop dui dat ons deelname aan sosiale instellings in die toekoms selfs belangriker gaan word. Daarvoor sorg die steeds verswakkende staat.

0 Comments

  1. Theo Prinse sê:

    ‘N republiek is die staatsvorm waarby geen regering deur erfopvolging bestaan ​​, dus ‘n land dat geen monargie is soos die Republiek van die Sewe Verenigde Nederlande.

    In sommige lande is die president die magtigste persoon , soos in die Verenigde State van Amerika , waar hy staatshoof en regeringsleier is . Dit model lei tot ‘n baie groot konsentrasie van mag by ‘n persoon.

    Een van die eerste moderne republieke (al was hulle voorafgegaan deur onder andere Venesië) was die Republiek van die Sewe Verenigde Nederlande, wat al in 1588 ontstaan ​​het, nadat in 1581 die Spaanse koning Filips II was uitroei deur die State – Generaal.

    Die Republiek was ‘n ware republiek hoewel tog nog veel mag in die hande van die Oranje – Nassaus was.

    Later het dit selfs so ver dat die stadhouderschap na die dood van goewerneur Willem III in besit is. Nederland was dus ‘n republiek omdat sy politieke stelsel baie meer demokratiese was dan in omliggende lande. In die praktyk was die mag gekonsentreer by die State met hul raadpensionaris.

    Verskeie kere is gepoog hom van die invloed van die Oranje – Nassaus te raak. So het die republiek die Eerste en Tweede Stadhouderloze Era geken en selfs ‘n ware volksopstand teen goewerneur Willem V.

    Die Patriotte wou hul ou “Bataafse” vryhede terugvat op die Oranjes met hul Regenten; die land was immers ‘n republiek en erfopvolging hoor daar beslis nie in die huis. Oral in die lande was exercitie genootschappen gestig; hulle was oa in Dordrecht aktief. Willem V gevlug uit Holland.

    Op 18 September 1787 moes die Patriotte kapituleer voor die troepe van die Pruisiese koning Frederik Willem, die swaer van Willem V. Die Eerste Demokratiese Beweging is beëindig en in die Republiek is Willem V tog weer in sy posisie herstel.

    Met steun van die Franse is in 1795 die modernere Bataafse Republiek gestig; Willem V gevlug nou na Engeland. In 1806 was hierdie republiek egter deur Napoleon opgehef en vervang deur die Koninkryk Holland, met sy jonger broer Lodewyk Napoleon as eerste koning op die troon.

    Na die Restauratie roep Willem I, voorheen Willem VI, seun van goewerneur Willem V, homself nie uit tot goewerneur maar in 1815 tot Koning der Nederlanden uit.

    In Nederland is sewe republikeinse bewegings aktief: die Republikeinse Genootschap,
    die Nieu Republikeinse Genootschap,
    die Republikeinse Platform,
    die Nieu Republikeinse geselskap,
    die Republikeinse Moderne Party,
    die Republikeinse sosiaal en
    Pro Republica.
    http://nl.wikipedia.org/wiki/Republiek_der_Zeven_Verenigde_Nederlanden

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

error: Content is protected !!