Kosbare Van Riebeeck-erfenis moet nou opgeëis word

Renate: ‘Baie meer op die spel as een wit vrou’
Maart 18, 2014
Barnard-saak: Die implikasies van grondwethof se uitspraak
Maart 19, 2014
Johan Anthoniszoon van Riebeeck in 1664 in Malakka geskilder toe hy aangestel is as goewerneur en president. Hy was kommandeur aan die Kaap die Goeie Hoop van 1652 tot 1662. Hierdie skildery is deur Louis Michel Thibault, Franse argitek, na Kaapstad gebring en in 1804 aan kommissaris-generaal JA de Mist van die Bataafse Regering oorhandig. Die portret is toe in die eerste stadhuis, die Burgerwaghuis aan Groentemarkplein in Kaapstad, opgehang. Van Riebeeck was die eerste burgemeester van Kaapstad en grondlegger van die Westerse beskawing aan die suidpunt van Afrika. Hierdie portret is reeds twintig jaar in 'n  pakkamer van die Stad Kaapstad waar niemand dit kan besigtig nie. Dit is kultuurhistories van onskatbare waarde.

Johan Anthoniszoon van Riebeeck in 1664 in Malakka geskilder toe hy aangestel is as goewerneur en president. Hy was kommandeur aan die Kaap die Goeie Hoop van 1652 tot 1662. Hierdie skildery is deur Louis Michel Thibault, Franse argitek, na Kaapstad gebring en in 1804 aan kommissaris-generaal JA de Mist van die Bataafse Regering oorhandig. Die portret is toe in die eerste stadhuis, die Burgerwaghuis aan Groentemarkplein in Kaapstad, opgehang. Van Riebeeck was die eerste burgemeester van Kaapstad en grondlegger van die Westerse beskawing aan die suidpunt van Afrika. Hierdie portret is reeds twintig jaar in ‘n pakkamer van die Stad Kaapstad waar niemand dit kan besigtig nie. Dit is kultuurhistories van onskatbare waarde. Foto: Marthinus van Bart

Deur MARTHINUS VAN BART

Op 6 April word Stigtersdag in Suid-Afrika nie-amptelik deur enkelinge gevier. Voor 1994 was die dag bekend as Van Riebeeck-dag, en was dit n amptelike gedenkdag en openbare vakansiedag. Maar onder die sogenaamde “demokratiese” bestel is dit nie meer die geval nie.

Op 6 April 1654 beloof kommandeur Johan Anthoniszoon van Riebeeck in sy Daghregister om “Op dezen dagh, den 6den April wesende, tot Godes eer met dancksegginghen te vieren ende voor altijt tot een vastblijende danck ende bededagh in te stellen, teneijnde daer bij des Heeren weldaeden, aen ons bewesen, bij ons naecomelingen noijt vergeten, maer altijt tot Godes eere ter gedachtenisse in memorie gehouden moge worden.”

Die stad Kaapstad het in die verlede op 6 April n baie spesiale vieringsprogram aangebied om die stigting van die Moederstad in 1652 te gedenk. Kranse is deur die burgemeester en ander hooggeplaasdes aan die voet van die brons beelde van Jan en Maria van Riebeeck op die eilandstrook in die Heerengracht regoor die fonteinsirkel gelê. Verteenwoordigers van die Nederlandse regering en -gemeenskap, die inwoners van Kaapstad en ander belangstellendes het ook aan die waardige plegtigheid meegedoen.

Jan van Riebeeck was n verteenwoordiger van die Vereenigde Oos-Indiese Kompanjie en ook van Nederland in Afrika. Terselfdertyd was hy die stigter, en dus ook die eerste burger en burgemeester, van die baie belangrike hawestad aan die suidpunt van die vasteland wat groot voorspoed en vooruitgang vir al die mense van Suid-Afrika gebring het.

Maar belangriker nog: Saam met Van Riebeeck het die Gereformeerde Geloof as ligdraer van die Christelike geloof en beskawing hom aan die voet van Donker Afrika kom vestig. Vandag, 362 jaar later, hang die meeste inwoners van Suid-Afrika, ongeag ras of kultuur, die Christendom aan.

Die Burgerwaghuis aan die Groentemarkplein in Kaapstad. Aan die borswering reg onderkant die kloktoring is die Seel van Kaapstad met Jan van Riebeeck se heraldiese wapen as sentrale motief in 1804 aangebring.  Foto: Marthinus van Bart

Die Burgerwaghuis aan die Groentemarkplein in Kaapstad. Aan die borswering reg onderkant die kloktoring is die Seël van Kaapstad met Jan van Riebeeck se heraldiese wapen as sentrale motief in 1804 aangebring. Foto: Marthinus van Bart

’n Versameling kultuurskatte in die besit van die Stad Kaapstad wat regstreeks met Jan van Riebeeck en sy nalatenskap verband hou, word sedert 1994 in munisipale pakkamers weggesluit waar niemand dit kan sien nie. Voorheen is hierdie artefakte, van enorme kultuurhistoriese waarde, op waardige wyse in die burgersentrum ten toon gestel. Hierdie museumstukke is:

  • ’n Portret van Jan van Riebeeck in olieverf, geraam met n goue sierraam, wat in 1664 in Batavia van hom geskilder is toe hy daar as onderkoopman aangestel is.
  • ’n Oorkonde van 1804 met die amptelike ontwerp van die Seël van Van Riebeeck, beskryf en onderteken deur kommissaris-generaal J.A. de Mist van die Bataafse Republiek (Nederland);
  • ’n Heraldiese wapen van die Bataafse Republiek wat deur die Duitse meesterbeeldhouer Anton Anreith in 1804 gebeeldhou is;
  • Metaalstempels met die amptelike Seël van Van Riebeeck. Die hoofmotief van hierdie stadswapen is die heraldiese familiewapen van Van Riebeeck, n rooi skild met drie goue ringe daarop.
  • Die burgemeesterstoel van Knysna-stinkhout wat De Mist in 1804 spesiaal laat maak is om as voorsitterstoel van die Burgerraad te dien. Die Van Riebeeck-wapen, as Seël van Kaapstad, is aan die bokant van die rugleuning geheg. Die Bataafse Republiek was die eerste en enigste egte demokratiese bestel in Afrika. Dit het slegs van 1803 tot 1806 geduur.
Die Stoel van Van Riebeeck is in 1804 deur kommissaris-generaal J.A. de Mist van Knysna-stinkhout laat maak om te dien as voorsitterstoel van die Burgerraad, met ander woorde die burgemeesterstoel. Hierdie stoel het tot 1994 in die raadsaal as Burgemeesterstoel van die Stad Kaapstad gedien, totdat dit summier verwyder en in 'n pakkamer saam met stukkende kantoormeubels weggepak is. Dit word tans gerestoureer. Foto: Marthinus van Bart

Die Stoel van Van Riebeeck is in 1804 deur kommissaris-generaal J.A. de Mist van Knysna-stinkhout laat maak om te dien as voorsitterstoel van die Burgerraad, met ander woorde die burgemeesterstoel. Hierdie stoel het tot 1994 in die raadsaal as Burgemeesterstoel van die Stad Kaapstad gedien, totdat dit summier verwyder en in ‘n pakkamer saam met stukkende kantoormeubels weggepak is. Dit word tans gerestoureer. Foto: Marthinus van Bart

In plaas daarvan dat die Stad Kaapstad, die provinsiale of die nasionale regering erkentlik staan teenoor hierdie allerbelangrike historiese gebeure in die geskiedenis van die ganse Afrika, inderdaad onregstreeks ook in die wêreldgeskiedenis, word 6 April en alles waarvoor dit staan reeds die afgelope twintig jaar politiek-moedswillig opsygeskuif en geïgnoreer asof dit nooit plaasgevind het nie.

Om sy minagting vir die erfenis van Van Riebeeck te onderstreep, het die stadsraad pas op outokratiese wyse sonder nagneming van die belastingbetalers (wat die rekening moet vereffen) n tweede keer die Seël van Van Riebeeck, die amptelike stadswapen sedert 1804, onteer deur n nuwe, simplistiese embleem of logo vir Kaapstad laat ontwerp – om kwansuis in ooreenstemming met die stad se status as vanjaar se Ontwerpershoofstad van die wêreld te wees.

Kommissaris-generaal Jacob Abraham Uitenhage de Mist wat in 1804 Kaapstad sy ampswapen gegee het.

Kommissaris-generaal Jacob Abraham Uitenhage de Mist wat in 1804 Kaapstad sy ampswapen gegee het. Advokaat De Mist was ‘n briljante regsgeleerde wat die eerste demokrasie in Afrika aan die Kaap die Goeie Hoop gevestig het. Al sy goeie werk en ideale vir hierdie wye en droewe land is kort daarna deur die Britse besetters in 1806 ongedaan gemaak. Die Boererepublieke van die Oranje Vrijstaat en Transvaal het probeer om die demokrasie op hul grondgebiede te vestig, maar hulle is deur Brittanje vernietig. Eers in 1961 het Suid-Afrika hom van die Britse Ryk losgeskeur en ‘n onafhanklike republiek geword. Dr. H.F. Verwoerd, die indertyde premier wat die waagmoed aan die dag gelê het, het daarvoor met sy lewe geboet. In 1994 is die landsregering met die hulp van Brittanje en Amerika aan ‘n etniese swart meerderheid oorgelewer en is teruggeval op Afrika se tradisionele opperhoofstelsel waarin die konig doen wat hy wil (onder toejuiging en aanmoediging van sy miljoene lojale onderdane) ten koste van die verstote etniese minderhede, wat teensinnig geduld word omdat hulle die land se ekonomie aan die gang hou.

 

Hierdie simplistiese logos het sedert 1994, die jaar van die Mandela-rewolusie, die amptelike Seel van Kaapstad vervang. Die sonsentriese sirkelvormige logo regs is pas bekend gestel omdat Kaapstad nou die wereld-ontwerphoofstad van van jaar is

Hierdie simplistiese logos het sedert 1994, die jaar van die Mandela-rewolusie, die amptelike Seël van Kaapstad vervang. Die logo met konsentriese sirkels, regs, is pas bekend gestel omdat Kaapstad nou die wêreld-ontwerphoofstad van 2014 is.

Die Seël van Kaapstad wat in 1804 deur kommissaris-generaal J.A. de Mist van die demokratiese Bataafse Regering aan die Kaap die Goeie Hoop bekendgestel is. Dit sou voortaan die amptelike stempel van die Stad Kaapstad wees, het hy gelas. Die ontwerp se sentrale motief is die wapenskilde met drie goue ringe van Jan van Riebeeck se heraldiese familiewapen. Die anker simboliseer die Goeie Hoop van die Kaap. Die agtergrond is goud, om voorspoed uit te beeld. Foto: Marthinus van Bart

Die Seël van Kaapstad wat in 1804 deur kommissaris-generaal J.A. de Mist van die demokratiese Bataafse Regering aan die Kaap die Goeie Hoop bekendgestel is. Dit sou voortaan die amptelike stempel van die Stad Kaapstad wees, het hy gelas. Die ontwerp se sentrale motief is die wapenskild met drie goue ringe van Jan van Riebeeck se heraldiese familiewapen. Die anker simboliseer die Goeie Hoop van die Kaap. Die agtergrond is goud, om voorspoed uit te beeld. Foto: Marthinus van Bart

Die tyd het dus aangebreek dat die Afrikanergemeenskap sy verwaarloosde en miskende Van Riebeeck-erfenis uit die pakkamers van die kultuurvervremende Stad Kaapstad opeis, en dit op beskaafde en eerbare wyse tot sy reg sal laat kom. Die erfenisskatte behoort op permanente tentoonstelling in ’n toeganklike bewaringsentrum, soos die Erfenissentrum langs die Voortrekkermonument in Pretoria, te wees waar alle nugterdenkendes dit kan sien, bewonder en met die nodige eerbied bejeën, en waar ook die jeug by die aanskoue daarvan kennis kan neem dat waardigheid, geloof en beskawing hand aan hand gaan.

  • Die portret van Johan Anthoniszoon van Riebeeck wat in 1664 in Malakka, Maleisië, van hom geskilder is nadat hy die Kaap die Goeie Hoop twee jaar tevore – ná sy verblyf van tien jaar as kommandeur, en dus eerste burger (of burgemeester) van Kaapstad – verlaat het. Die Franse meester-argitek Louis Michel Thibault, verantwoordelik vir van die mooiste Kaaps-Hollandse geboue hier ter plaatse, het die portret in die Ooste opgespoor, dit na Kaapstad gebring en in 1804 aan kommissaris-generaal Jacob Abraham de Mist van die Bataafse Republiek oorhandig.

Van Riebeeck se kleindogter, Johanna Maria van Hoorn, het Kaapstad van 10 Januarie tot 12 April 1710 besoek toe sy saam met haar man, Joan van Hoorn, van Batavia onderweg na Nederland was. In ’n brief aan haar pa, Abraham van Riebeeck, vertel sy dat sy die skildery van haar oupa in Malakka gesien het.

De Mist het op die plegtigheid van 3 Julie 1804 in die Burgerwaghuis aan die Groentemarkplein in Kaapstad, toe Kaapstad sy ampswapen as munisipaliteit verkry het, in sy toespraak na die skildery van Van Riebeeck verwys en gesê dat dit in die raadsaal hang. Hy het na Van Riebeeck verwys as “ons eerste vader” en “vader en stigter” aan die Kaap die Goeie Hoop.

  • Dit was by dieselfde geleentheid dat De Mist die amptelike Stadseël en ampswapen van Kaapstad (Zegel van de Kaapstad) onthul het. Sentraal, met ’n anker teen die goue agtergrond, is die familiewapen van Jan van Riebeeck: ’n Rooi skild met drie goue ringe daarop. Op dié oorkonde met die embleem en in die handskrif van De Mist staan die volgende in pen en ink daarby: “De Raad der Gemeentes van de Kaapstad wordt door mij ondergetekende Commissaris Generaal van het Bataafchse Gouvernement gegee, gesertifiseerd en gelast bostaande Zegel te gebruiken by alle gelegenheden waar een stedelijk zegel sal worden vereischt. Kasteel de Goede Hoop. Den 12 Junij 1804.”
Die Seël van Kaapstad op die oorkonde van kommissaris-generaal J.A. de Mist van 1804 by die amptelike bekendstelling daarvan. De Mist het in pen en ink onderaan die doel en aard van die Seel van Kaapstad beskryf. Hierdie kosbare dokument word al twintig jaar lank nie meer in die openbaar vertoon nie. Voorheen was dit prominent in die Burgemeesterskantoor ten toon gestel.  Foto: Marthinus van Bart

Die Seël van Kaapstad op die oorkonde van kommissaris-generaal J.A. de Mist van 1804 by die amptelike bekendstelling daarvan. De Mist het in pen en ink onderaan die doel en aard van die Seël van Kaapstad beskryf. Hierdie kosbare dokument word al twintig jaar lank nie meer in die openbaar vertoon nie. Voorheen was dit prominent in die Burgemeesterskantoor ten toon gestel. Foto: Marthinus van Bart

In sy toespraak het De Mist soos volg na die stadswapen verwys: “Die anker, wat simbolies is van Goeie Hoop, sowel as die goue agterdoek waarop dit rus, dui my wens aan vir die toekomstige rykdom en voorspoed van hierdie nedersetting, terwyl die geheel deur ’n rooi skild, wat drie goue ringe dra, bedek en beskerm word. Hierdie wapenskild is deur die vader en stigter van Kaapstad, Jan van Riebeeck, gedra. Hang aldus hierdie wapenskild tot sy eer binne en buite die mure van u stadhuis.”

Hierdie ampswapen van Kaapstad is kort daarna teen die voorgewel van die Burgerwaghuis, indertyd Kaapstad se stadhuis, met pleisterwerk in reliëf aangebring. Vandag is die Burgerwaghuis ’n Nederlandse kunsmuseum sonder enige aanduiding dat hierdie gebou, naas die Kasteel die Goeie Hoop, eens die belangrikste openbare burgelike gebou in die Moederstad was met regstreekse wortels na die eerste stigter daarvan.

  • Die Stoel van Van Riebeeck, die voorsitterstoel van die burgemeester, het De Mist van Knysna-stinkhout laat maak, en dit is ryklik met lowerkerfwerk versier. Die kopstuk is die anker (van Goeie Hoop) en skild van Van Riebeeck.
  • Die heraldiese wapenskild van Kaapstad wat Anton Anreith gebeeldhou het, het die skild van Van Riebeeck (Seël van Kaapstad) as sentrale motief. Aan weerskante is kanonne, kruitvaatjies en kanonkoeëls, asook baniere. Dit was die eerste heraldiese ampswapen van Kaapstad. Anreith is bekend vir die pragtige preekstoele in die Groote Kerk en Lutherse Kerk in Kaapstad. Ook het hy die voordeur van die Kat in die Kasteel ontwerp en met leeukoppe versier. Verskeie gewels aan Kaapstadse geboue vertoon motiewe wat hy gebeeldhou het, en die ingangshekke van South African College School in Tuine, Kaapstad, is met leeus versier wat Anreith gebeeldhou het.
Die heraldiese wapen van die Stad Kaapstad wat Anton Anreith uit hout gesny en geverf het, onder meer met egte goudverf. Hierdie kosbare artefak is nou reeds 20 jaar lank in 'n pakkamer van die Kaapse munisipaliteit waar niemand dit kan sien nie. Voorheen het dit prominenet in die burgersentrum gehang. Kommissaris-generaal J.A. de Mist het in 1804 opdrag gegee dat Anrteith die wapen beeldhou. Dit is van onskatbare kultuurhistoriese waarde. Foto: Marthinus van Bart

Die heraldiese wapen van die Stad Kaapstad wat Anton Anreith uit hout gesny en geverf het, onder meer met egte goudverf. Hierdie kosbare artefak is nou reeds 20 jaar lank in ‘n pakkamer van die Kaapse munisipaliteit waar niemand dit kan sien nie. Voorheen het dit prominenet in die burgersentrum gehang. Kommissaris-generaal J.A. de Mist het in 1804 opdrag gegee dat Anreith die wapen beeldhou. Dit is van onskatbare kultuurhistoriese waarde. Foto: Marthinus van Bart

Onderaan die heraldiese wapenskild is ’n leuse-lint, waarop in goudverf geskryf staan: “Dit wapen is op het desweegens daar om gedaan versoek van den Raad der Gemeente aan dese Stad geschonken door mnr. Jacob Abraham de Mist, Lid van den Aziatischen Raad en den Commissaris-Generaal van het Bataafsch Gouvernement over de Volksplanting de Kaap de Goede Hoop en den resorte van dien op den 3 July MDCCIV.”

Detail van die heraldiese wapen van die Stad Kaapstad. Sentraal is die Seel van Kaapstad, Van Riebeeck se familiewapen met die anker van Goeie Hoop daaragter teen 'n goue agterdoek. Die lint onderaan dui aan dat kommissaris-generaal J.A. de Mist dit in 1804 laat ontwerp het. Hierdie kosbare kultuurskat behoort nie weggesteek te word soos nou al twintig jaar deur die Kaapse stadsraad gedoen word nie.

Detail van die heraldiese wapen van die Stad Kaapstad. Sentraal is die Seël van Kaapstad, Van Riebeeck se familiewapen met die anker van Goeie Hoop daaragter teen ‘n goue agterdoek. Die lint onderaan dui aan dat kommissaris-generaal J.A. de Mist dit in 1804 laat ontwerp het. Hierdie kosbare kultuurskat behoort nie weggesteek te word soos nou al twintig jaar deur die Kaapse stadsraad gedoen word nie.

De Mist het ’n heildronk ingestel op “die vooruitgang en voorspoed van hierdie nedersetting en sy hoofstad”.

Hy het voorts gesê: “Lede van die Burger Senaat, deur moed en met ’n grondige beleid kan state geskep en stede opgebou word; maar dit is slegs deur diens aan God en deur burgerlike eerlikheid dat hulle in stand gehou kan word.”

De Mist het die plegtigheid afgesluit met die wens: “Mag God eendag hierdie hoofstad met sy groeiende welvaart en toenemende vooruitgang die mooiste en magtigste stad aan hierdie kant van die ewenaar maak.”

En dit het Kaapstad inderdaad geword. Maar in plaas daarvan om erkentlik te wees teenoor diegene wat die eerste sooi gespit het, word daardie nalatenskap deur die Stad Kaapstad, die Wes-Kaapse Provinsie en die nasionale regering misken, verag en weggesteek. En van “burgerlike eerlikheid” het weinig oorgebly.

kultuurkroniek@gmail.com

In 1952 is die Van Riebeeck-fees landswyd gehou om die verloop van driehonderd jaar van voorspoed sedert die aankoms van Jan van Riebeeck aan die Kaap die Goeie Hoop te vier. Amptelike poseels en gedenkkoeverte is uitgereik om die geleentheid te herdenk.

In 1952 is die Van Riebeeck-fees landswyd gehou om die verloop van driehonderd jaar van voorspoed sedert die aankoms van Jan van Riebeeck aan die Kaap die Goeie Hoop te vier. Amptelike poseëls en gedenkkoeverte is uitgereik om die geleentheid te herdenk.

 

 

 

 

 

Laat 'n boodskap

error: Content is protected !!