Weerskant van die Rubicon
Mei 9, 2014
Verkiesing is klaar, nou moet iets gebeur
Mei 14, 2014

1) Hoekom sou jy sê dat Afrikaans as universitêre onderrigtaal nog van belang is?
Petru: Afrikaanssprekendes moenie die reg ontneem word om in hulle moedertaal hulle studies aan die universiteite voort te sit nie.
Carel: Indien Afrikaans as universitêre onderrigtaal uitfasseer word, sal dit die vaktaalterminologie ’n ernstige knou toedien waarvan Afrikaans nie sal kan herstel nie. Indien jy vandag na die hantering van die taal deur baie Afrikaanssprekers oor die radio en TV luister, kom jy reeds agter dat die sprekers al hoe meer hulpeloos rondtas na die Afrikaanse woord en dan maar terugval op die Engelse woord/term.
2) Hoe lyk die toekoms vir Afrikaans oor die algemeen?
Petru: Die toekoms vir Afrikaans lyk oor die algemeen goed, as ons dink aan: die talle Kunstefeeste; die Afrikaanse letterkunde en Afrikaans as verbruikersvriendelike taal, wat lekker op die tong lê.
Carel: As ek kyk en luister hoe koud en lou belangrike en invloedryke sprekers met Afrikaans omgaan, hou ek my hart vas. Indien jy die regte woord/uitdrukking gebruik, kry ek die gevoel dat  ek as ’n rare vogel beskou word. Dit lyk asof die trots op ons moedertaal stadig maar seker kwyn. As gevolg van die Engelse omgewing waarin ons gedwing word om te werk, begin al hoe meer basiese en kernwoorde uit ons woordeskat verdwyn. Indien ons nie almal daardie slapgathouding verban en weer doelbewus en met dissiplne ons woordeskat gebruik en uitbrei nie, lê daar ’n baie swaar opdraande pad vir Afrikaans voor. Dit word ook al hoe meer duidelik dat deur hulle gebrek aan optrede en toepassing van bestaande wetgewing, die huidige regering Afrikaans al hoe meer op ’n syspoor wil uitrangeer.
3) Watter 3 woorde dink jy beskryf die Afrikaner?
Petru: Toegewyd, passievol & vol deursettingsvermoë
Carel: Gelowig, hardwerkend & ’n gebrek aan samehorigheid vandag
4) Hoe ervaar jy die nuwe Afrikaanse films en watter een tot dusver is jou gunsteling?
Petru: Die nuwe Afrikaanse rolprente bied iets vir alle smake. My gunsteling rolprent is die Die Wonderwerker.
Carel: Dit is baie verblydend dat daar tans so baie Afrikaanse rolprente gemaak word. Dit is ook positief dat die draaiboeke se standaard styg en dat dit dan ook by die loket ’n goeie inkomste verdien. Hopenlik sal daar vorentoe meer relevante sosiale, kulturele en politieke sake behandel en aangespreek word, soos bv. Die Kandidaat en Katrina. Onder die rolprente wat die afgelope klompie jare vrygestel is, is Die Wonderwerker ook my guinsteling.
5) Volgens jou, wie is die “Marilyn Monroe” en “Elvis” van Afrikaans?
Petru: Steve Hofmeyr
Carel: Steve Hofmeyr
6) Wat is jou gunsteling Afrikaanse kinderliedjie?
Petru: Ek’s ’n dapper muis
Carel: Hansie slim of Sienbamba
7) Wat is jou gunsteling Afrikaanse nagereg?
Petru: Sagopoeding of broodpoeding
Carel: Brandewyntert
8) Wat is jou gunsteling Afrikaanse sê-ding of frase?
Petru: “In ’n neutedop”
Carel:”Gomverdorie” & “mamma het vanaand dwarslepel gedek” of “sy is sy buitevuurtjie”

Laat 'n boodskap

error: Content is protected !!