Afrisake: Konferensie oor die toekoms van jou eiendom en eiendomsreg

Nuwe tendense in Suid-Afrikaanse protesmusiek
Mei 23, 2014
Kan Christene ontsteld wees oor Kurt Darren se wit/swart-stelling?
Mei 28, 2014
Hoe veilig is eiendomsreg in Suid-Afrika?

Konferensie oor die toekoms van jou eiendom en eiendomsreg

‘n Verskeidenheid wetsontwerpe en beleide wat eiendomsreg raak, het die afgelope twee jaar die lig gesien. Hierdie verwikkelinge het ernstige vrae laat ontstaan oor die veiligheid van eiendomsreg in Suid-Afrika. Daarbenewens het die Konstitusionele Hof se uitspraak van April 2013 stukrag gegee aan pogings om eiendomsreg te verswak.

AfriSake het ʼn omvattende verslag saamgestel waarin 14 verskillende wette of wetsontwerpe, beleidstukke en hofuitsprake met betrekking tot hulle impak op eiendomsreg ontleed word. Die verslag toon dat daar ernstige rede tot kommer bestaan.

AfriSake bied op 3 Junie ‘n Eiendomsregkonferensie aan waar hierdie vraagstuk grondig bespreek gaan word. Gassprekers sluit onder andere die Russiese ekonoom professor Yuri Maltsev in.

Die doel van die konferensie is om ‘n aantal strategieë te formuleer waarmee eiendomsreg in Suid-Afrika beskerm kan word.

DATUM:PLEK: TYD:

KOSTE:

RSVP:

Dinsdag, 3 JunieAtterbury Teater in Pretoria8:00 vir 8:30 tot 14:00 (ligte middagete ingesluit)

R100 per persoon (gratis vir AfriSake-lede)

http://afrisake.co.za/konferensie-rsvp/

Laat 'n boodskap

error: Content is protected !!