Republiekdag en dr. Hendrik Frensch Verwoerd
Mei 30, 2014
President Paul Kruger
Junie 3, 2014

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge stel op 11 Junie Carel Boshoff se boek: NP van Wyk Louw en die derde Afrikaner by die jaarlikse NP van Wyk Louw kultuuraand bekend.

Na afloop van die boekbekendstelling by die Centurion Teater by 123 Amkor weg gaan daar fees gevier word waar die gaste deur Linette van der Merwe (mezzo) & Chris Moster (tenoor) se toonsetttings van NP van Wyk Louw se gedigte vermaak gaan word.

Agtergrond van NP van Wyk Louw en die derde Afrikaner: Wat kom ná die “donker nag van die siel” waarin ’n volk, na sy beste oordeel onder die omstandighede, besluit het om eerder onder te gaan as om in ongeregtigheid voort te bestaan? As NP van Wyk Louw dié vraag met die klem op geregtigheid gestel het, dan stel Carel Boshoff dit nou met die klem op voortbestaan. En waar Louw die oomblik van beslissing in die vooruitsig stel, kyk Boshoff daarop terug en is dit die nuwe dag wat daarop kan volg, wat hom boei.

NP van Wyk Louw en die derde Afrikaner is die vrug van ’n dekadelange gesprek tussen twee denkers wat mekaar nooit ontmoet het nie, maar dieselfde vraag stel. Dit is die vraag na ’n volhoubare bestaan vir dié klein volk waartoe elkeen hom, na sy eie tyd en omstandighede, verbind het; die vraag na die Afrikanervolk se plek in die wêreld. Vir beide is die Afrikaner nie net ’n gegewe grootheid nie, maar die verwikkelde samespel van mense in gemeenskap; vir beide is die toekoms nie gewaarborg nie, maar ’n waagstuk en ’n avontuur.

Die program vir die aand lyk as volg:

Verwelkoming : 19:00
Boekbekendstelling : 19:05
Sanggroep : 19:25
Totsiens boodskap : 20:15
Geselligheid : 21:15

Vir meer inligting skakel
Hannie Boshoff
Kommunikasiebestuurder: FAK
Tel: (012) 301 1777
E-pos: hannie@fak.org.za

Laat 'n boodskap

error: Content is protected !!