NP van Wyk Louw Kultuuraand
Junie 2, 2014
Afrikaans, transformasie en vervreemding op universiteite
Junie 5, 2014

Op 31 Mei, 112 jaar gelede is die Vrede van Vereeniging tussen die twee Boererepublieke, die Zuid-Afrikaansche Republiek en die Republiek van die Oranje Vrijstaat, en die Britse Ryk gesluit.

Die 31e Mei was vir baie dekades ‘n herdenkingsdag van/in Suid-Afrika se geskiedenis, maar sedert 1994 het die inhoud en waarde hiervan amptelik verlore geraak. Helena Liebenberg (van Taaloord) het ‘n kort bydrae opgestel met pres. Paul Kruger se laaste boodskap aan sy volk. Wat sy woorde aan ons betref, het min verander sedert daardie datum tot nou.

Geniet die lees en gedenk die dag toe ons mense op papier ons vryheid verloor het, maar in ons hart en wese toe en steeds vry voor God en geheel die Skepping staan.

SATERDAG 31 MEI 1902 – FAK

PRESIDENT PAUL KRUGER – TAALOORD PRESIDENT PAUL KRUGER – TAALOORD – FAK

 

Besoek gerus Taaloord se webwerf by http://www.taaloord.co.za

Laat 'n boodskap

error: Content is protected !!