“Afrikaanse studente moet nóú opstaan”
Julie 1, 2014
Die “ou Suid-Afrika” en Afrikaans
Julie 2, 2014

’n Eerste op die Afrikaanse musiekkalender – ’n aand van die mooiste duette tussen ’n man en ’n vrou.

Jannie Moolman en Corlea Botha; Burgerd en Zita Botha; en Willie en Natasha Joubert neem jou op ’n reis waar liefde en musiek saamsmelt in die eerste Afri-Duetfees wat plaasvind op Vrydag 24 Oktober in die AULA by die Universiteit van Pretoria.

Die kontinuïteitaanbieders is Nadia Beukes (aktrise, sangeres, stemkunstenaar en aanbieder van eersdaagse Boer soek ’n vrou) en Cassie Aucamp (die bekende Pretoriase dominee en oudparlementslid). Aucamp en sy vrou Ina is tans predikantspaar van die Gereformeerde Kerk Bergsig/Andeon in Pretoria.

Na afloop van die verrigtinge kan die gaste kaas en wyn saam die kunstenaars geniet.

Kaartjies is beskikbaar by Innecke Janse van Rensburg: info@duetfees.co.za.

Die Afri-Duetfees word deur die Gereformeerde Kerke Andeon en Bergsig aangebied, in trotse samewerking met die FAK.

Besoek gerus die Afri-Duetfees Facebook-blad.

Vir meer inligting skakel:
Hannie Boshoff
Kommunikasiebestuurder: FAK
Tel: (012) 301 1777
E-pos: hannie@fak.org.za

Uitgereik namens:
Danie Langner
Besturende Direkteur: FAK

Laat 'n boodskap

error: Content is protected !!