Jongmens: Sê jou sê oor Afrikaans en WEN!

Ja, God bestaan en ek ken Hom
Augustus 12, 2014
Só help ek die taal leef
Augustus 14, 2014

Bokspring jou hart oor Afrikaans? Droom jy jou groot drome in Afrikaans? Skuif dan nader…

Kraal Uitgewers, die uitgewersmaatskappy van die Solidariteit Beweging, vier vanjaar Afrikaans behoorlik en bekoorlik met die bekendstelling van sy nuutste boek “Ons gaan ’n taal maak” en met die herdenking van 100 jaar van Afrikaans as skooltaal. ’n Projek getiteld “Afrikaans – my TROTS” is as deel van hierdie viering begin. Skoolgaande Afrikaanse jongmense kan aan dié unieke projek deelneem en die kans staan om ’n boekegeskenkpak ter waarde van R1 000 te wen. Om deel te neem is eenvoudig. Neem ’n kort video van jouself waarin jy vertel wat jou opgewonde maak oor Afrikaans, stuur dit aan Kraal Uitgewers en siedaar – jy maak jou merk in Afrikaans! Die projek loop tot en met 10 September. Kry jou selfoonkamera gereed, vergeet van die selfie-foto’s en stuur vir ons jou “Afrikaans – my TROTS selfie-video”. Besoek www.kraaluitgewers.co.za vir meer inligting.

Laat 'n boodskap

error: Content is protected !!