Die toekoms van Afrika
September 5, 2014
Godsdiens en mag
September 8, 2014

Capture1-320x452Man, ek is lief vir filosofie, is geensins homofobies nie en maak werk daarvan om my geskiedenis te ken. En as daar geen konsensuele geskiedenis bestaan nie, is daar geen rede om ander s’n bo myne te kies nie. Laasgenoemde is die verskil tussen die liberale denker en die behoudende een.

Dit het my ‘n paar jaar langer gevat om die realistiese scenario te eien vir wat dit is, bloot omdat ek geleer is om dinge te oordink. Maar om te dink dat daar geen alternatiewe is vir nasionalisering nie, sê vir my dat jy, Jaco Oelofse, onderdink. Dit is fataal vir ‘n EFF philosopher-in-the-making.

Daarom ‘n paar vinnige notas:

1. As jong filosofiestudent (en dramastudent) was ons almal radikaal. Dis ‘n fase. Nie ‘n lelike fase nie. Dis ‘n omgee-fase. Ook ‘n rebelse een waarmee ons ons studente toevertrou om ons oues se asems weg te slaan met iets nuuts en unieks. Maar daarna gebeur die establishment met jou. Die regte lewe sal jou ook nie ontsien nie, Jaco. Jy werk, trou, kry kinders en swoeg vir hul gemak, ʼn paar voordele en sommer baie oorlewing. Jy staan verstom hoe groepe desondanks mooi, liberale teorieë steeds na hul hoekies graviteer en hoe dit ongelukkig altyd eensames oplewer. En hoe wreed en eensydig alles bly en hoe min beskerming ander jou, jou kinders en jou ouers bied as die k*k die fên slaat. Soos die Marxisme maar is, ‘n pragteorie met geen voete in realiteit nie, ontgroei baie dit ná kampus, ná sakgeld, ná subsidie en ná volwasse nabetragting. Jy gaan universiteit toe om jou eie voete te vind. Om jou eie voete te vind is onversoenbaar met Marxisme. ʼn Jaar later rasionaliseer jy en kyk eendag as ‘n reël terug uit ‘n meer gematigde posisie, soms in skaamte. Wie volhard dan in Marxisme, sou jy vra? Dié wat skaamteloos geen aversie toon vir ander se geld nie en ander se bates en inkomste as hul “regmatige” kwota sien. Hulle wat weier om die ware potensiaal van individue en dié wat die ekstra myl sal stap, te wil beloon. Die Aanstap Rooies soldaatjie-fabriek. Eendjies-eendjies-staan-in-’n-ry. Die ongenaakbare kleurloosheid van bestaan. Die tirannie van gemiddeldes. Die een waarvoor jy nou uitroep. Prestasie, kompetisie en vooruitstrewendheid – om beter te wees – ís die doel van die lewe en almal mag en moet saamspeel. Marxisme verlig geen armoede nie. Dit teel middelmatigheid en ek het vir jou ‘n hele kontinent as voorbeeld by Maandag se show&tell.

2. Miskien moes jy geskiedenis en regte ook oorweeg. Anneksasie in ‘n Tyd van Anneksasie was niks vreemd nie. Soos slawerny en kolonialisme in hul eras en konteks. Ons doen dit nie meer vandag nie, maar wêreldwyd het lande hul afbakenings aan dié ou polarisasies te danke. Ons almal het eintlik slawe as voorouers, weet jy, en kry boggerôl daarvoor. Reparasies en regstellings is aanvaarbaar, maar sodra dit oor generasies heen gebeur, word dit oneties; die verkeerde mense word vergoed en die verkeerde indiwidue word gestraf. Jy kan nie in ‘n moderne regsbank regverdiglik skuldig bevind word aan ‘n ander se ‘oortreding’ nie. Jy skep daarmee meer slagoffers, meer konflik en staan soos ons verbaas voor ‘n stagnerende werkloosheidsyfer – met al die mag, tyd en sosialisme in die wêreld, kon Suid Afrika in twee dekades nie ‘n enkele duik maak aan sy gruwelike werkloosheid nie.

3. Daar bestaan nouliks enige Suid Afrikaners wie se huidige eiendom met “geweld” bekom is. Almal se lewensgeldjies is in hul grond, hul lenings, hul bates en hul lewens daarop. Almal sou ryker wou wees, maar meeste van ons krap die potjie om ons gesin met ‘n mate van waardigheid uit die nes te verlos. Om dit te wil wegvat is siek afguns, krimineel en luigatgeit, algar fataal vir ‘n land wat, soos Suid Afrika, produktiefgestremd is.

4. Swart mense eis grond uit die geskiedenis in netjiese vierkante hektare. Tradisioneel het hulle grond so “besit” nie, beslis nie in die Westerse terme waarmee hulle dit nou wil opeis nie. Hulle kan die landgrypkommissies met geen titelaktes of dergelike kontrakte voorsien nie en moet oorwegend spekuleer oor waar hulle koeie eens gevreet het voor hulle nomadies aan beweeg het na groener weiding. Dis natuurlik onmoontlik om grond terug te eis sonder die eeu-oue beskawingskultuur wat daardie grond produktief en duursaam maak nie. Jy het die wysheid van Salomo nodig, nie die opportunisme van Malema nie, om daardie twee te kwantifiseer en dan te skei. Laat staan die feit dat 90% van afgeloste grond óf summier verkoop word óf gesteriliseerd agtergelaat word. Grondeise is maar selektief, omdat ek geen pogings waarneem waar die getekende kontrakte tussen my voorouers en eertydse swart indoenas enigsins eerbiedig word nie. Jy vergeet te maklik dat die 20ste eeuse Suid Afrika NIE ‘n swart soewereiniteit was nie. Hoe vreemd dit ook al nou mag klink, daardie eintlike alleenheersers se reëls was wet, danksy húl oorloë, húl grafte, húl inspanning, húl moed, húl Unie, húl Republiek, en daarmee saam hul verstommende ekonomie as minderheid, hul voorbeeldige verkrag- en moordsyfers, hul lae werkloosheidskoers, hul uitnemende skole en briljante universiteite, hul ongeëwenaarde hospitale, dokters en die algehele indeksuitblinkers in hul midde. Nasionaliseer dit.

5. As gay man is die vooruitsig van kinders moontlik en noodwendig ‘n mindere prioriteit, en daarom die toekoms oorkant die vergesig, ook maar. As jy nou ál die denkskole kombineer sal jy verstaan hoekom jy aansluit by ‘n dissipline wat slegs in die nou konfigureer en aan onmiddellike versadiging ly, wat maar dweep oor die toekoms buite die nate van jou beursie. Die Marxisme het geen noemenswaardige prestasie ooit behaal by ontwikkelende lande nie en het vele nageslagte in enorme nood gedompel. Gays (en vroue) is vir my lankal nie meer sosiale buitestaanders nie en jou reaksie is een wat die strooiman lewe moet gee, want daarsonder kan jy jouself klaarblyklik nie definieer nie. Jy is ‘n ook ‘n leerling-gay. Die “moffies” in my vriendekring hoef geensins hul seksualiteit voor te hou om te presteer of erken te word nie.

6. Om hierdie konteks werklik te begryp sal dit nodig wees vir party swart mense om iets te doen wat by wit mense miljoene jare reeds gemeenplaas is: die gewoonte om te lees. As jou demografie of kultuur jul eers enkele dekades gelede met lees, skryf, analise, kuratorskap en argivale gewoontes begin bemoei het, sal julle altyd ander blameer vir jul agterstand. Sal die ware sondebok nooit op sy naam genoem mag word nie: dat die algehele verlamming in elke departement in jou universiteit – ekonomie, administrasie en militêre vernuf ingesluit – op jou voorouers blameer moes word.

Die vraag is, wit kind, Afrikanerkind, wat presies is jou verskoning?

Bron: Die Groot Debat, uit Maroela Media

Comments are closed.

error: Content is protected !!