Diamantskandaal van Duitswes en die Rebellie van 1914

Afrikaans, die sonde van transformasie
September 12, 2014
Vier Afrikaans 90 in ’n opwindende elektroniese skole-kompetisie
Februarie 2, 2015

DC Boonzaier van De Burger dryf die spot met die hegte vriendskap tussen genl. Louis Botha en Leander Starr Jameson, kapitalistiese moord-en-roofleier en aartsvyand van die Afrikaners.

deur MARTHINUS VAN BART.

Met Uniewording in 1910 is aan die Afrikanervolk die vooruitsig gestel van ’n nuwe Suid-Afrika waarin die Afrikaanse gemeenskap saam met die Engelse gemeenskap ’n menswaardige plek in die son gegun sou word en Afrikaners in die ontluikende welvaart van die land sou deel. Maar algou het dit duidelik geword dat die Unie-regering onder generaals Louis Botha en Jan Smuts slegs die belange van die Britse Ryk en die Engelstalige mynmagnate en sakelui sou dien.

Die spotprenttekenaar van De Burger, DC Boonzaier, het in 1914 so onthul hoedat die regering van generaal Louis Botha in die geheim met die Britse Ryk knoei om Duits-Suidwes-Afrika binne te val.

Die spotprenttekenaar van De Burger, DC Boonzaier, het in 1914 so onthul hoedat die regering van generaal Louis Botha in die geheim met die Britse Ryk knoei om Duits-Suidwes-Afrika binne te val.

Toe die Eerste Wêreldoorlog op 4 Augustus 1914 uitbreek, het die regering bekend maak dat hy nie neutraal gaan bly nie, maar vir die Britse Ryk kant gaan kies. Op 8 September het die premier, genl. Louis Botha, bekend gemaak dat Suid-Afrikaners sy aan sy met die Britte teen Duitsland gaan veg, en dat sy eerste teiken die anneksasie van Duits-Suidwes-Afrika was.

Generaals Louis Botha, links, en Jan Smuts was in 1914 ywerige uitbouers van die Britse Ryk.

Generaals Louis Botha, links, en Jan Smuts was in 1914 ywerige uitbouers van die Britse Ryk.

Vir die ingeligtes was dit egter duidelik dat dit eerder die ryk diamantbronne van hierdie Duitsbeheerde buurland was wat in die Empire se visier was, en nie die kwansuise “Duitse radiosenders” daar nie. Die idealistiese droom van ’n beter, samehorige toekoms in Suid-Afrika vir die Afrikaners het plotseling begin om vinnig te vervaag.

Herhaling van Jameson-inval van 18 jaar tevore

Die militêre inval in Duitswes, soos die gebied in die Afrikaanse volksmond bekend gestaan het, het vir beduidende getalle Afrikaners ten hemele geskrei. Die inval in hierdie betreklik skadelose buurland onder die voorwendsel van die vyandighede tussen Engeland en Duitsland in Europa – genl. Jan Smuts, minister van verdediging, het in die parlement verklaar dat daar “gevaarlike radiostasies by Swakopmund en Luderitzbuch” was1 – het vir die Afrikaners al te veel herinner aan die Jameson-inval van 1896, toe die Engelse goud- en diamantmagnaat Cecil John Rhodes in samewerking met Joseph Chamberlain, kapitaalkragtige minister van buitelandse sake en oorlog van Brittanje, ’n staatsgreep op die Zuid-Afrikaansche Republiek van pres. Paul Kruger probeer uitvoer het om die ryk goudbronne van die Boererepubliek te roof.

DC Boonzaier van De Burger dryf die spot met die hegte vriendskap tussen genl. Louis Botha en Leander Starr Jameson, kapitalistiese moord-en-roofleier en aartsvyand van die Afrikaners.

DC Boonzaier van De Burger dryf die spot met die hegte vriendskap tussen genl. Louis Botha en Leander Starr Jameson, kapitalistiese moord-en-roofleier en aartsvyand van die Afrikaners.

So het DC Boonzaaier in 1918 in De Burger die spot gedryf met die kapitalistiese goud- en diamantknoeiers, wat hy “Hoggenheimer” genoem het.

So het DC Boonzaaier in 1918 in De Burger die spot gedryf met die kapitalistiese goud- en diamantknoeiers, wat hy “Hoggenheimer” genoem het.

Leander Starr Jameson, Rhodes en Chamberlain se handlanger, het die inval vanuit Rhodesië en Betsjoeanaland (nou Botswana) gelei, en met die Slag van Doornkop, op 1 en 2 Januarie 1896, klaaglik die onderspit teen die Boere se burgermag gedelf.

Die voorwendsel vir hierdie inval was om sogenaamde “regte vir die Uitlanders” te verkry, soos Rhodes en kie. beweer het. Maar hulle wou inderdaad die alleeneienaarskap van die Witwatersrandse goudrif hê. Dit het Brittanje en sy internasionale geldmag-trawante uiteindelik ’n bloedige oorlog van drie jaar en duisende menselewens geverg om die ontsaglik ryke goudreserwes van dié Transvaalse Boererepubliek in te palm.2

Ryk diamantvelde van die Oranje-Vrijstaat

Die ryk diamantvelde van die Boere-republiek van die Oranje-Vrijstaat is maar 25 jaar tevore, in 1871, op ’n ewe sluwe wyse met bedrog deur Brittanje en sy kapitalistiese meelopers bekom.3  En nou, in 1914, was die diamantrykdom van Duits-Suidwes-Afrika in die visier, met Botha en Smuts bereid om onder die dekmantel van die Eerste Wêreldoorlog wat in Europa gevoer word, Suid-Afrikaanse soldate in diens van die Empire vir ’n staatsgreep op ’n buurland op te kommandeer.4

Heel ironies, maar te wagte, is Jameson deur die Britse regering vanaf 1904 tot 1908 aangestel as die eerste minister van die Kaapkolonie. Dit was deel van die goue handdruk wat die Britse Ryk aan hom gegee het as beloning vir sy aandeel in die mislukte staatsgreep van 1895-’96 op die Transvaalse Boererepubliek om die ZAR se goudskat te roof.  Hy is op 26 November 1917 oorlede en sy oorskot is op 21 Mei 1920 in Rhodes se graf op die Matoppos-heuwel in  die destydse Rhodesië weggelê. Rhodes het in 1902 weens ’n hartkwaal gesterf.

In Suid-Afrika word Rhodes en Jameson steeds deur die Engelse gemeenskap as helde vereer. Daar is prominente beeldhouwerke en monumente vir Rhodes, en verskeie strate in Kaapstad en Johannesburg word steeds na hulle genoem.

Die Afrikaanse gemeenskap sal hulle egter onthou as rowerleiers en massamoordenaars wat die Afrikaners in die Anglo-Boereoorlog gedompel het en so die lydingsdood van meer as 50 000 mense, meestal vroue en kinders, in die Britse konsentrasiekampe veroorsaak het.

En in Zimbabwe sal die inwoners hulle onthou as die massamoordenaars en rowers wat die Matatabele en Shona gemeenskappe van hul grond, beeste en ander eiendom beroof het en duisende met masjiengewere en kanonne afgemaai het. Hierdie menseslagtings van die 1880’s en 1890’s was in voorbereiding van Rhodesië as afspringplek vir die Jameson-staatsgreep op die ZAR van pres. Paul Kruger en sy mede-Afrikaners.

Oppenheimer-diamantmagnate

Met die finansiële onsekerheid wat die naderende Eerste Wêreldoorlog van 1914 meegebring het, het Rusland sy diamante in die wêreld-diamantmark gestort en dit in ’n warboel gedompel. Die diamantskat van Duitswes was dus vir die Britse Ryk net die regte kuur om hierdie Russiese wanbalans in die diamantmark te stuit.

Die Britse koninklike septer met die reusagtige Cullinan-diamant in die middel. Generaal Louis Botha het dit aan die Britse koningshuis geskenk. Die belastingbetalers van Suid-Afrika moes in hul armoede daarvoor betaal.

Die Britse koninklike septer met die reusagtige Cullinan-diamant in die middel. Generaal Louis Botha het dit aan die Britse koningshuis geskenk. Die belastingbetalers van Suid-Afrika moes in hul armoede daarvoor betaal.

Die belange van die Joodse broers Ernest en Louis Oppenheimer, wêreld-diamantmagnate, is regstreeks deur die inval deur Suid-Afrikaanse soldate in Duits-Suidwes-Afrika gedien. Die Oppenheimer-broers was sedert 1896 betrokke by die Londense diamantsindikaat wat die toevoer van ongeslypte diamante na die wêreldmark beheer het. In 1902 is hulle na Kimberley as verteenwoordigers van hierdie sindikaat om kontak met Jameson en die vernaamste diamant- en goudmynmagnate te maak en belange in die diamant- en goudmyne van Suid-Afrika te verkry.

In 1914 het die Oppenheimers namens De Beers Consolidated Mines die diamantvelde van Duits-Suidwes-Afrika in die geheim ondersoek. Hul uiters positiewe bevinding oor Duits-Suidwes-Afrika se ontsagwekkende diamantreserwes het regstreeks gelei tot die inval later in dieselfde jaar van die Suid-Afrikaanse Leër onder bevel van Louis Botha en Jan Smuts.

In 1917 het die Oppenheimers die Anglo American Corporation gestig en in 1919 die Consolidated Diamond Mines of South-West Africa, wat deur die Anglo American Corporation beheer is. Mettertyd het Ernest Oppenheimer en sy maatskappye aan die hoof van die ganse diamantbedryf gestaan en ’n hoofrolspeler in wêreldpolitiek en -finansiering word. Hy is later opgevolg deur sy seun Harry Oppenheimer.

Die De Beers Mining Company is aanvanklik in 1880 deur Cecil John Rhodes en C.D. Rudd gestig om die grootste belang in die Kimberley-diamantmyn te verkry. In 1888 het hulle De Beers Consolidated Mines en in 1887 die goudkartel Gold Fields of South Africa gestig. In 1892 het dit die goudreus Consolidated Gold Fields of South Africa geword. In 1889 het Rhodes die British South Africa Company gestig met De Beers Consolidated Mines en Consolidated Gold Fields as hoofaandeelhouers. Die internasionale Joodse geldskietersfamilie Rothschild was ook by hierdie kartelvorming betrokke.

In 1914 was Ernest Oppenheimer aktief betrokke by die beplanning van die inval in Duits-Suidwes-Afrika om besit van die Duitsers se diamantbronne te neem. Hy het onder meer die SA Leër se Kimberley-regiment op die been gebring en die militêre treinspoorlyn van Upington na die grens met Duits-Suidwes-Afrika laat aanlê. Hy het persoonlik toegesien dat spoorwegwerkers gewerf word om die trajek te bou. Hierdie treinspoor het ’n vername rol gespeel in die inval teen die einde van daardie jaar van Suid-Afrikaanse soldate in Duits-Suidwes-Afrika om die gebied namens Brittanje te annekseer.5

President M.T. Steyn se laaste verwyt

Dat oud-president M.T. Steyn, laaste staatshoof van die Republiek van die Oranje-Vrijstaat, van hierdie wêreldkapitalistiese motiewe bewus was, blyk uit ’n verwytende toespraak wat hy vir ’n Geloftedagrede op 16 Desember 1916 te Senekal uitgeskryf het, maar weens sy onvoorsiende dood op 28 November van daardie jaar nie gelewer het nie: “Ek het altyd gespreek van die verdediging van ons land. Nooit het ek gedag dat ons Afrikaners, wat self soveel van anneksasie gely het, self sou uitgaan om te annekseer nie.

President M.T. Steyn was bewus van die geknoei tussen die Britse Ryk en die Unie-regering om Duits-Suidwes-Afrika binne te val sodat op die ryke diamantmyne daar beslag gelê kon word. Ernest Oppenheimer het dit later bekom.

President M.T. Steyn was bewus van die geknoei tussen die Britse Ryk en die Unie-regering om Duits-Suidwes-Afrika binne te val sodat op die ryke diamantmyne daar beslag gelê kon word. Ernest Oppenheimer het dit later bekom.

Nooit het ek kon dink dat enige Regering, laat staan ’n Afrikaner-Regering, die kinders van die konsentrasiekampe sal gebruik as kanonvoer teen ’n volk wie se liefdadigheid meegehelp het om hulle in die lewe te hou. Ek weet dat daar in ons tyd verkondig word dat die mens alleen met sy verstandsbestuur moet te rade gaan met ’n welbegrepe eiebelang. Dit is soos die man wat uit die brandende huis van sy buurman soveel goed neem as hy kan. Dit is wat genoem word ‘real politiek’. Die daad, egter, is nie minder gemeen nie.”6

Die Cullinan-diamant

Reeds in 1907 het Louis Botha opspraak verwek toe hy toegesien het dat die destydse Transvaal-regering onder die Britse vlag die Cullinan-diamant van 3,025 karaat aan die Britse koningshuis skenk.7 Die reuse-diamant, met die afmetings 11 cm x 6 cm x 5 cm, is op 25 Junie 1905 in die Cullinan-myn naby Pretoria gevind. Die ruwe knewel is in Amsterdam deur die diamantslypers Asscher-broers in nege groot stene en 96 splinterstene verdeel. Die vyf grootste stene is aan die Britse koningshuis as sogenaamde “kroonjuwele” geskenk. Dit word in die Tower of London bewaar.

Die grootste steen, peervormig, van 530,2 karaat, bekend as die Cullinan I, is sentraal in die Britse koninklike septer, “The Sceptre with the Cross” van 1661, gemonteer. Dié steen is The Great Star of Africa genoem. Die Cullinan II van 317,4 karaat, The Lesser Star of Africa, is in die Britse kroon gemonteer. Die ander stene, die Cullinan III van 94,45 karaat en nog twee van onderskeidelik 63,65 karaat en 18,85 karaat, is in die res van die kroonjuwele gemonteer.

Botha, indertyd premier van die sogenaamde Transvaal Colony (Brittanje se nuwe naam vir Transvaal), het die voorstel in die parlement ter tafel gelê. Dit was skaars vyf jaar ná die Anglo-Boereoorlog, groot armoede het onder die Afrikaners geheers, en dié skenking van “volksbesit” aan die “vyand” het Afrikaner-gemoedere hoog laat loop – veral omdat die Transvaalse administrasie boonop £125  000 vir die diamant as vergoeding aan die myneienaars moes betaal. Sir Richard Solomon, agent-generaal van Transvaal in Londen, het die juwele op 7 November 1907 aan die Britse koningshuis oorhandig.

Wat die gemoedere nog verder op loop gejaag het, was dat twee van die Cullinan-splinterstene aan Botha in sy persoonlike hoedanigheid geskenk is. Hy het die juwele vir sy dogter, Helena, op haar 17de verjaardag in juweliersware laat monteer. Een van die stene, van 1,58 karaat, het hy in ’n goue ring laat monteer, maar dit is nie bekend hoe die ander een gemonteer is nie. Helena het later mev. De Waal geword. Op 18 April 1977 het die oudhede-afslaer Sotheby’s die ring uit die De Waal-boedel op ’n veiling in Johannesburg vir R25 000 aan ’n juwelier, meneer Ivor Gordon, verkoop. Helena se ander diamant het spoorloos verdwyn.8

Diamantkus wêreld se skatkis

Die Oppenheimer-broers het na hul verkryging van die diamantmyne en die ontginningsregte van Suidwes-Afrika begin om die Diamantkus, die grootste diamant-skatkis ter wêreld, te ontgin. So het hulle ’n wêreldmonopolie op diamanthandel en die beheer van die wêrelddiamantmark verkry. Ernest Opperheimer is deur die Britse koningshuis tot ridder geslaan, en hy sou voortaan bekend staan as Sir Ernest. So ryk is die diamantskat van Suidwes dat die De Beers-diamantkartel, filiaal van Anglo-American, vandag nog reuse-getalle diamante daar ontgin. In 1999, byvoorbeeld, is diamante van altesame 1,3 miljoen karaat in Namibië (Suidwes se huidige Afrika-naam) ontgin.9

Kalahari-diamante en die Boesmans

In 1966 het De Beers se argeoloog Manfred Marks by Orapa in die Kalahari, heimatland van die Boesmans, ’n diamantpyp oor ’n terrein van 287 ha ontdek wat diamante van 12 miljoen karaat per jaar oplewer. Sedertdien is nog twee groot diamantpype, by Letlhakane en Jwaneng, ontdek. Met die hulp van Botswana is die Boesmans met militêre geweld uit die gebied verdryf en het die diamantmagnate steeds ’n vry hand daar. Luukse ontspannings- en onthaaloorde word in waterryke dele opgerig, terwyl die heemlose Boesmans se watergate en boorgate deur Botswana se soldate vernietig word. Die plaaslike Botswana-regering ontken die bestaan van ’n Boesmanvolk in die Kalahari. Openbare betogings in Londen teen die ontheemding van die Boesmans en die beslaglegging op hul diamantgebied het hoegenaamd geen gevolge nie. 10

Samevatting:

Dit was in 1914 vir regdenkende Afrikaners duidelik dat die hebsug van die Britse Ryk nie uitgewoed was deur sy bloedige verskroeide-aarde-veldtog gedurende die Anglo-Boereoorlog nie. Sy verkryging van die Transvaalse diamante, steenkool en Witwatersrandse goudreserwes, asook ander metale en minerale rykdomme van die Boererepubliek, was nie vir hom genoeg nie. Sy sug na rykdom en mag deur rykdom was onversadigbaar.

Duisende Afrikaners is weens die vernietiging van hul plase en ander vorme van welvaart deur die Britse besettingsleër gedurende die oorlog, en die hartvogtige brutaliteit van die Britse oorheersers ná die oorlog, in armoede en ellende gedompel. Hulle moes noodgedwonge by die Brits-beheerde staatsdiens, onder meer as soldate in die Suid-Afrikaanse Leër, en in die private sektor by die kosmopolitaanse kapitaliste – veral by die goudmyneienaars – gaan werk soek. Daar is hulle verder verneder en onder meer verbied om Afrikaans te praat. Die voertaal van die staatsdiens en Besigheid Suid-Afrika was voortaan Engels.

Botha en Smuts het hierdie mense verder misbruik deur hulle as soldate, kanonvoer dus, vir die militêre inval van 1914-1915 in Duits-Suidwes-Afrika en elders aan te wend. Daar moes hulle op die slagveld sterf of vermink word om die hebsugtige belange van dieselfde Britse Ryk wat hulle tot die bedelstaf gedwing het, te dien. En so is ook die welwillende Duitsers, wat die Boere gedurende die Anglo-Boereoorlog by wyse van wapenverskaffing en ambulansdienste bygestaan het, in die rug gesteek.11  Die Rebellie van 1914 was ’n spontane protes teen hierdie bloedige magsmisbruik met bedenklike winsmotiewe: Dit is juis waarna pres. M.T. Steyn verwys het toe hy geskryf het die term “realpolitiek” beteken eintlik roof by wyse van oorlogvoering. Die moderne term “kolaterale skade” vir volksmoord was toe nog nie in gebruik nie.

’n Aantal gevange Rebelle van 1914 in ’n kamptronk. Hulle was die oorlewende konsentrasiekampkinders wat uit protes teen die Unie-regering se heulery met die Britse Ryk in opstand gekom het.

’n Aantal gevange Rebelle van 1914 in ’n kamptronk. Hulle was die oorlewende konsentrasiekampkinders wat uit protes teen die Unie-regering se heulery met die Britse Ryk in opstand gekom het.

Verwysings:

1     Die Rebellie 1914-15, G.D. Scholtz, Voortrekkerpers, 1942, p. 42.

2     Songs of the Veld and Other Poems, Red. Marthinus van Bart, Cederberg 2003, pp. xxxii-xxxiv.

3     Die Groot Diamantroof: Britse anneksasie van die Vrystaatse diamantvelde, 1871, V.E. d’Assonville, Marnix, pp. 1-2.

4     Die Rebellie 1914-15, G.D. Scholtz, Voortrekkerpers, 1942, p. 109.

5     Dictionary of South African Biography, Vol. IV, pp. 429-435.

6     Marthinus Theunis Steyn; ’n lewensbeskrywing, Deel II, p. 242.

7     Die Rebellie 1914-15, G.D. Scholtz, Voortrekkerpers, 1942, p. 26.

8      “Wat het geword van Helena Botha se Cullinan-diamant?”, Veilings, Die Burger, 31 Oktober 2009, p. 1.

9     Diamond: The History of a Cold-Blooded Love Affair, Matthew Hart, Fourth Estate, Londen, 2002, pp. 51-55.

10    Diamond: The History of a Cold-Blooded Love Affair, Matthew Hart, Fourth Estate, Londen, 2002, pp. 57-61;  “Bewaar die Boesman-diorama terwille van opvoeding”, Marthinus van Bart, Kultuurkroniek, Die Burger, 25 November 2000, Kaapstad; “Boesmans van Suider-Afrika voëlvry”, Marthinus van Bart, Kultuurkroniek, Die Burger, 26 Mei 2001, Kaapstad; “Boesmans ontheem”, Marthinus van Bart, Erfenis, Die Burger, 31 Julie 2010, Kaapstad.

11    Die Rebellie 1914-15, G.D. Scholtz, Voortrekkerpers, 1942, pp. 109-111.

0 Comments

  1. Floris van der Merwe sê:

    Dankie Marthinus, ek wens ek het vroeër hiervan geweet. Ek kon dit in my boek “Sporting Soldiers” ingewerk het.

  2. Vrystater sê:

    Uitstekende artikel weereens deur Van Bart! Vind altyd eers die onsigbare hand agter die oorlog, en jy vind die motief vir die oorlog. So jammer dat eertydse Boere-Bittereinders so laag kon daal om in Joodse skoothondjies te verander. (Die laaste NP-ministers het in wese presies dieselfde gedoen.) Met sterk leiers soos ‘n Kruger, De la Rey, Strijdom of Verwoerd, sou ons nooit aan hierdie oorlogte ter wille van finansiele gewin vir eertydse vyande, betrokke geraak het nie. Ons geskiedenisboeke behoort herskryf te word om die ware motief vir die ABO en die Rebellie te verkondig. Dit laat mens verbysterd wanneer jy lees van die duisende tonne Boeregoud wat na die ABO – met behulp van Afrikaner-renegate – na Brittanje verskeep is… Laastens is dit jammer dat die Litause (en andere) Jode omgedraai het deur die hand (van Kruger en latere NP-leiers) wat hulle ‘n nuwe vaderland gebied het, te byt – soos bewys deur die plundering van ons bates, die skryf van die Freedom Charter vir die ANC deur Slovo asook die Rivonia-Jode wat MK in hul terrorismestryd gehelp het! Meer stank vir dank kry jy nie op plaaslike bodem nie!

Laat 'n boodskap

error: Content is protected !!