FAK Namibie saam met Chris Chameleon

DIE FAK SE KULTURELE DOENLYS VIR 2015
Februarie 3, 2015
Waak teen ‘geleerde barbare’
Maart 19, 2015

Kultuurnuus

Chris Chameleon3

In die lig van Afrikaans 90 het die FAK as ouboet besluit om alle kultuurorganisasies se projekte ter viering van Afrikaans90 bekend te stel.

  • FAK – Om Sondag, 1 Maart vlieg ek saam met Chris Chameleon na Namibie vir die Afrikaanse dokumenter van die die voetspore van Afrikaans te soek.
  • Maroela Media – Ook soos die FAK besig met verskeie projekte onderandere die Hoekom Afrikaans publikasie wat elke dag op Maroela se webwerf geplaas word en die Afrikaanse skole-ekspo.
  • Die Woordfees skop 27 Februarie af in Stellenbosch met n langarm dans, dramawerkswinkels, n skryfskool en talle gesprekke met skrywers, kinderteater en dramastukke van die hoogste gehaalte. Kaartjies kan bespreek word by Computicket of skakel 021 808 9111 vir meer besonderhede.
  • Pitersburg se Doornkraal Geloftefeeskommitee in samewerking met die Rapportryerbeweging nooi almal in die omgewing uit na die bring en braai om meer uit te vind van Fort Campbell op Saterdag 28 Februarie met die viering van Amajuba, gedurende die Eerste Vryheidsoorlog op 27 Februarie 1881. Kontak : 015 297 5922 / 072 197 3134 vir meer inligting.
  • Op 5 Maart om 18:00 nooi die Erfenisstigting by die VTM u uit na die Gerhard Moerdijk Gedenklesing, dit is R20 per persoon en u kan info@es.org.za e-pos vir enige verdere navrae.
  • Op 6 Maart sluit die inskrywings vir die ATKV-Animato (kompetisie vir streekskore). Besoek www.atkv.org.za vir meer besonderhede.

 

Laat 'n boodskap

error: Content is protected !!