Afrikaanse Skole-Ekspo: ’n hulpmiddel vir Afrikaanse onderwysers

“Kind van die smart en van die hoop”: Afrikaners se eie koerant
Maart 23, 2015
Onderhoud van die maand: Chris Chameleon
Maart 23, 2015

Waarom tyd spandeer om opdragte op te stel, evaluasieprosedures te bestudeer en temas uit te dink as daar aanlyn vir jou alles beskikbaar is?

Die Afrikaanse Skole-Ekspo is elektroniese skole-kompetisie wat ’n hulpmiddel is om Afrikaanse onderwysers se las te verminder deur reeds uitgewerkte opdragte en evaluasieriglyne daar te stel; en boonop Afrikaans onder ons jeug te bevorder. Die kompetisie fokus veral op leerders se kreatiewe hantering van Afrikaans in verskillende kategorieë vanaf kortfilms, opstelle, gedigte, liedjies tot visuele kuns.

Die toekoms van ons taal se ontwikkeling en voortbestaan lê in die hande van ons jeug en ons wil hulle al op skoolvlak die blootstelling gee om in hulle moedertaal hulle talente te beoefen.

Die gedigte van twee van die wenners in die Poësie-kategorie van verlede jaar lui soos volg:

Moenie by my graf staan en huil nie
deur Cézanne Coetzee, Helpmekaar Kollege

Moenie by my graf staan en huil nie
Ek’s nie daar nie. Ek slaap nie.
Ek is duisende winde wat waai.
Ek is die diamant wat glans op die sneeu
Ek is die sonlig op die stille waters
Ek is die sagte herfsreën
Wanneer jy wakker word in die oggend
Ek is die helder sterre wat skyn in die nag.
Moenie bymy graf staan en huil nie.
Ek’s nie daar nie. Ek het nie doodgegaan nie.

Vryfees
deur Jemima Meyer, HS Jim Fouché

van vroeg
swoeg hippies en hordes
slyp uitstallers tande
roep en klets
oor koeitjies en kalfies

’n ma se skatlam raak geheg
aan ’n stalletjie, geboei
deur kettings vir die pols en nek
die trop word gevoer met roosterkoeke
en sulke strooi

later word pappies se bulletjies
aan die neus gelei
na die suipplek
’n Blêrkas vol skape gedruk

terwyl die biltong-stalletjies demonstreer
wat met ’n vetgemaakte kalf
gebeur

Wil jy graag meer inligting oor die Afrikaanse Skole-Ekspo ontvang, stuur gerus ‘n e-pos aan Chrisna Nel by chrisna@fak.org.za of kontak (012) 301 1777.

0 Comments

  1. Tillie vd Merwe sê:

    hi stuur asb weer vir my hierdie jaar se onderwerpe dat ek dit ook kan deurgee dankie

  2. Jana Beukes sê:

    Kan ek groot asb die inligting rondom die skole -ekspo kry ?
    Baie dankie

    Jana

  3. Alida Boshoff sê:

    Ek gee Afrikaans Eerste Addisionele Taal en soek inligting om dit vir die leerders lekker en interressant te maak. Gr 8 en 9.Alida Boshoff

Laat 'n boodskap

error: Content is protected !!