Koos Doep se werk leef voort – en inspireer oud en jonk
April 14, 2015
MENEER DIE PRESIDENT, ONS SAL ONS NIE LAAT UITVEE NIE
Mei 5, 2015

Dingaanstat ten tyde van die moord op Piet Retief en honderd mede-Trekkers. Die skildery deur Con Burton word in die SA Kultuurhistoriese Museum in Pretoria bewaar.

Deur Marthinus van Bart

Die Versoeningskerkkompleks wat op die terrein van Dingaanstat gebou is om die Zoeloenasie en Afrikaner-lidmate van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, die nasate van Piet Retief en sy Trekker-volgelinge, te verenig. Die teologiese kompleks is in 2003 afgebrand sodat net die swartgebrande murasie en die kruis met sy klok bly staan het. Foto: Afrikanerbakens, FAK, 1989

Die Versoeningskerkkompleks wat op die terrein van Dingaanstat gebou is om die Zoeloenasie en Afrikaner-lidmate van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, die nasate van Piet Retief en sy Trekker-volgelinge, te verenig. Die teologiese kompleks is in 2003 afgebrand sodat net die swartgebrande murasie en die kruis met sy klok bly staan het. Foto: Afrikanerbakens, FAK, 1989

Die unieke kerkgebouekompleks wat in 1969 as versoeningsimbool op die terrein van die verwoeste stat van die Zoeloe-koning Dingane, Mgungundlovu, opgerig is, is 34 jaar later afgebrand. In die hartland van die Zoeloes, die vallei van die konings bekend as Makhosini, is daar deesdae nie plek vir opregte versoening tussen rasse of kulture nie. Ook nie in die res van die land waaroor die huidige Zoeloe-opperhoof en president van Suid-Afrika, Jacob Zuma, regeer nie.

Die terrein waar die kerkkompleks gestaan het, is digby Nkandla, die nuwe koningstad wat Zuma sonder parlementêre medewete of magtiging met belastingbetalersgeld vir hom en sy aansienlike uitgebreide gesin en familie ingevolge eeue-oue Afrika-stamtradisies laat oprig het.

 

oNdini, setel van die Zoeloe-opperhoof Cetshwayo in Nkandla. Hy het daar in 1884 gesterf. Op die plek is ʼn replika van sy stat as kultuurhistoriese opelugmuseum gebou. Foto: Op Pad in Suid-Afrika, Jonathan Ball, 1995

oNdini, setel van die Zoeloe-opperhoof Cetshwayo in Nkandla. Hy het daar in 1884 gesterf. Op die plek is ʼn replika van sy stat as kultuurhistoriese opelugmuseum gebou. Foto: Op Pad in Suid-Afrika, Jonathan Ball, 1995

Nkandla was in die 1880’s die hoofsetel, oNdini, van die Zoeloe-opperhoof Cetshwayo. Hy is daar begrawe nadat hy op 23 April 1884 gewelddadig deur Zibhebhu onttroon is. Ook was Nkandla in 1906 die toneel van ʼn Zoeloe-rebellie teen die indertydse Britse owerheid, bekend as “die Kroon/ The Crown”. Die Zoeloes onder aanvoering van die Zondi-opperhoof, Mambata, het geweier om kop-belasting aan die Kroon te betaal. Britse soldate is in Junie na Nkandla gestuur om Mambata en sy ringkoppe te straf. Minstens 500 Zoeloes is deur die Kroon se soldate onder aanvoering van kol. Duncan McKenzie in die Momekloof afgemaai voordat die rebelle hulle oorgegee het.

Die kerkkompleks is in 1969 deur die Nederduitse Gereformeerde Kerk opgerig as simbool van versoening tussen die Kerk se lidmate, nasate van die Voortrekkers, en die nasate van die Zoeloes ná die Slag van Bloedrivier van 1838. Met die vernietiging daarvan is nie net ʼn besonderse voorbeeld van kerkargitektuur in die Suid-Afrikaanse volksboukuns verloor nie, maar ook ʼn Christelike huis van aanbidding, ʼn Christelik-teologiese sentrum vir die opleiding van Zoeloe-sendelinge, en ʼn kinderhuis onder toesig van die Sendingkerk.

In Afrikanerbakens, deur die FAK in 1989 uitgegee, beskryf en verduidelik prof. Eddie Brown, afgetrede teoloog, die simboliek van die gebou se argitektuur soos volg:

IN die Makhosinivallei (vallei van die konings) wat ongeveer 38 km van Melmoth op pad na Vryheid in KwaZulu-Natal geleë is, het ʼn sendingstasie van die Nederduitse Gereformeerde Kerk gestaan. ʼn Kerkgebou met ʼn besondere simboliek het die middelpunt van die sendingstasie gevorm. Vir die Afrikaners was dit ʼn lewende monument wat hul sou herinner aan die ontmoeting met die Zoeloevolk in hierdie vallei.

Die geskiedenis wat in die argitektuur verbeeld is, verwys terug na 1829, toe die Zoeloekoning Dingaan (Zoeloe: Dingana ) sy indrukwekkende kraal en vesting hier gebou het: uMgungundlovu.

In 1838 het Dingaan aan die Voortrekkers onder Piet Retief grondgebied in Natal toegeken. ʼn Traktaat is vermoedelik deur die Britse sendeling woonagtig by uMgungundlovu, eerw. Francis Owen, die eerste sendeling wat daar toegelaat is, opgestel.

Dingaanstat ten tyde van die moord op Piet Retief en honderd mede-Trekkers. Die skildery deur Con Burton word in die SA Kultuurhistoriese Museum in Pretoria bewaar.

Dingaanstat ten tyde van die moord op Piet Retief en honderd mede-Trekkers. Die skildery deur Con Burton word in die SA Kultuurhistoriese Museum in Pretoria bewaar.

Op 6 Februarie 1828 is Piet Retief en sy mede-Voortrekkers en agterryers in Dingaanstat gevange geneem en op Hlomo Amabutho, ʼn kop daar naby, gemartel en doodgeslaan. Dié Trekkers se beendere is later deur ʼn soekgeselskap gevind en begrawe. ʼn Monument is deur ander Voortrekkers by hul graf op die kop, ook bekend as Kwa-Matiwane, opgerig.

In 1938, die Voortrekker-eeufeesjaar, is die Geestelike Eeufeesmonumentfonds (GEM) gestig om sendingwerk onder die Zoeloes te bevorder. In 1944 is die historiese plaas by Hlomo Amabutho deur mnr. Hennie van Rensburg aan die NG Kerk geskenk en is die Dingaanstat-sendingstasie kort daarna daar aangelê.

Waar eertyds soldate opgelei is, is begin om evangeliste en later leraars op te lei. Eerw. Stander, ʼn nasaat van Hercules Malan, een van die geselskap van Retief, en ds. S.D. Simelane, ʼn weeskind, het in 1950 ook ʼn kinderhuis daar opgerig.

Onder ʼn boom is erediens gehou en aanbid. Om sigbare gestalte te gee aan die historiese voorval en aan evangeliese versoening tussen Zoeloe en Afrikaner, is aan die argitek Paul le Roux van Stellenbosch opdrag gegee om ʼn gepaste kerkgebou te ontwerp.

Mnr. Gawie Hoffman van Kwa-Badale, bygestaan deur mnr. P.W. van Heerden, die plaasbestuurder, het die kerk gebou. Die dak van dekriet, afkomstig van Riversdal in die Suid-Kaap, is deur mnr. Kosie Venter van Hermanus opgerig. Die ruim kerkgebou het sitplek vir 450 mense gebied.

Die totale koste het indertyd R32 000 bedra, waarvan die besonderse dak alleen R12 000 gekos het.

Die kerk is op 4 Desember 1969 plegtig ingewy. Prof. P.P. Stander (toe eerwaarde) was die inwydingspreker.

Van die Melmoth-pad na Vryheid en Babanango kan die 23 m hoë kruis van beton al van ver af gesien word. Hierdie onmiskenbare Christelike simbool met sy besonderse boodskap beklemtoon enigsins die uitgangspunt om ‘n kerkgebou op die eertydse paradegrond van Dingane aan die voet van Hlomo Amabutho op te rig, wat ook die Zoeloetradisie sou erken.

Die afgesonderde kerkterrein is betree deur twee ingange in ʼn lae klipmuurtjie. Met sy twee vleuels het die rietdakkerk die oog na die kruis, waar die ingang geplaas is, gerig. Vanaf die kruis in die rigting van uMgungundlovu herinner 120 jaarringe in die plaveisel aan die tydsverloop tussen barbaarsheid en die bou van die kerk ter ere van God.

Die halfronde stoeppoort het herinner aan die Zoeloe-boukuns; latskuifhekke het sy beskermende kraalmure voorgestel, en ʼn embleem bestaande uit skildvel, assegaaie en knopkieries het vertel van die Zoeloe se glorietyd.

Simbolies was die kruis die sleutel tot die deurgang na die kerkdeure met die Bybel daaragter. Wanneer die skuifhekke sywaarts geskuif is, het die patroon van die embleem sodanig verander dat nie een van die tradisionele wapens heel vertoon het nie. Toegang tot Gods Woord as antwoord op die verlede-situasie en as die rigsnoer vir die toekoms was die sentrale tema van die ontwerp.

Die Bybel op die kansel is van bo af deur die versteekte vensters in die dak sterk belig.

Ná die erediens het die gemeente na vore gestap en die kerkgebou deur sydeure langs die liturgiese ruimte verlaat, om sodoende uiting te gee aan gemoedsverandering en geloofsversterking. Die skadugewende vleuels van die kerk het hulle weer terug na die middel van die terrein gebring.

Gidse op die terrein het die simboliek egter anders as die argitek vertolk. Hulle het vertel dat die ontwerp gegrond was op die bekende oskop-aanvalstegniek van die voortreflike Zoeloe-kryger koning Tsjaka wanneer hulle veral verwys het na die “arms” van die kerkgebou. Le Roux, wat op Kleinmond afgetree het, het hom soos volg daaroor uitgelaat: “Die gidse se idee van ʼn oskop-aanvalsformasie is bloot toevallig en skep eintlik ʼn negatiewe konsep. Die kerk val niemand aan nie. Die bedoelde simboliek van die kerk se arms is ʼn verwelkomende uitreiking aan die Afrikaner én die Zoeloe, of aan die besoeker, na die Evangelie-boodskap van versoenende genade.”

(Einde artikel van prof. Eddie Brown)

Slotsom:

As die verhoudinge tussen die onderskeie kulture en rasse in 2015 in Suid-Afrika in oënskou geneem word, kan tot die volgende gevolgtrekking geraak word: Die aanval op die Christelike kerkkompleks by Nkandla en die vernietiging daarvan spreek die ware Afrika-boodskap uit: Daar is geen versoening moontlik nie.

En Nkandla, Jacob Zuma se hartland, spreek verder: Die sterkste sal regeer, en hoe hy regeer, is sy prerogatief. Die koning is aan niemand aanspreeklik nie. Al die landsburgers is sy onderdane, sy honde. Hulle sal sy hande lek, en hy sal hulle voer of skop soos dit hom behaag. Dit is die eeue-oue wet van Afrika. Westerse waardestelsels wat 363 jaar gelede saam met Van Riebeeck in enkele seilskepe van die noorde hier na die suidpunt van die vasteland Afrika aangewaai gekom het, gaan nie duisende jare se Afrika-stamtradisies, Afrika se gemeenskaplike lewens- en wêreldbeskouinge, verander nie. Van Riebeeck en sy Westers-Europese erfenis is slegs ʼn tydelike klippie in die skoen.

Sedert Suid-Afrika in 1994 aan die “een-mens-een-stem”-diktatuur van die Afrika-massamens uitgelewer is, is Afrikaans en die Afrikaanse kultuur die primêre teiken vir vernietiging. Die leiding in hierdie slopingskruistog word egter van meet af aan deur die Engelssprekende gemeenskap, die eeue-oue aartsvyand van die Afrikaner, geneem. Die skim-sambreelterm “apartheid” word as gerieflike “morele” besem gebruik om die Afrikaner by die huis uit te vee: Dit manifesteer prominent in die verwydering van Afrikaans uit die openbare forum, die wysiging van dorpsname en straatname wat na Afrikaners of die Afrikaanse kultuur verwys, die verwydering van die standbeelde van Afrikaner-helde, die transformering van Afrikaanse universiteite, kolleges en skole tot Engels-eentalige instansies, die herskryf van die geskiedenis om die Afrikaner as sondebok uit te sonder en die transformering van museums hiervolgens. Hierdie is maar enkele voorbeelde.

Nou is dieselfde Engelse gemeenskap se eie kultuur die teiken vir vernietiging deur die massas van Afrika. Die verontwaardiging wat tans deur hierdie einste koloniale gemeenskap – met sy een voet in Suid-Afrika en die ander voet in Brittanje (met deernis “Home” genoem) – uitgekreet word, is die toppunt van geveinsdheid. Haman begin nou swaai aan die einste galg wat hy vir Mordegai gebou het.

ʼn Mens wonder net wanneer die massas met hul Afrika-mentaliteit gaan agterkom dat Engels, die enigste geldende ampstaal in Suid-Afrika, inderdaad steeds die taal van die koloniale oorheerser is. Hierdie koloniale taal is sedert 1994 om praktiese redes hier “getransformeer” tot belangrik-klinkende “internasionale taal”. Wanneer ‘n mens oor die televisie, in die staatsdiens en ook in die winkelsentrums landswyd luister na die uitspraak van Afrikane wanneer hulle koloniale Engels praat, geld die ou spreekwoord onmiskenbaar: “Die heerser se taal in die mond van die oorheerste, is die taal van die slaaf.”

0 Comments

  1. Ditshitiso Hlahane sê:

    Is die onlangse interessante artikels, wat hieronder verskyn, aflaaibaar?

Laat 'n boodskap

error: Content is protected !!