Afrikaanse Skole-Ekspo
Mei 15, 2015
‘Milnerisme weer by UV gepleeg’
Mei 19, 2015

deur CHARLIE SMIDT

Op 8 Mei 1925 is Afrikaans deur die parlement as amptelike landstaal van Suid-Afrika en Namibië erken. Dit was die vrug van ’n halfeeu se dink en doen deur taalpioniers om Afrikaans tot volwaardige taal te ontwikkel. Afrikaans as landstaal het tot ’n erkende wêreldklastaal ontwikkel. Op 7 en 8 Mei 2015 het die FAK die 90e herdenking van Afrikaans as amptelike landstaal gevier.

Op Donderdag 7 Mei het die FAK 90 jaar van uitnemende prestasies in Afrikaans met ’n skemerkonsert deur Chris Chameleon, waar sy liedjie “Taal van liefde” in die Afrikaanse Liedjietuin onthul is, gevier. Tydens dié geleentheid is die Afrikaanse roos ook bekendgestel wat met behulp van Ludwig’s Roses gekweek is.

Op Vrydag 8 Mei is die feesvieringe voortgesit met ’n taalkonferensie om die toekoms van Afrikaans in Suid-Afrika te bespreek. Die gassprekers, Theuns Eloff, Koos Malan, Henk Schalekamp, Andries Vrey en Flip Buys, het opleidings-, politieke en kulturele strategieë bespreek. Tydens die konferensie is die Afrikaans 90-koek gesny.

Die toesprake van hierdie sprekers word ook vir later publikasie opgeneem.

Laat 'n boodskap

error: Content is protected !!