Die 2015-standbeelde kontroversie
Mei 15, 2015
Afrikaans vier 90 jaar
Mei 15, 2015

Die Afrikaanse Skole-Ekspo is die grootste kreatiewe Afrikaanse kompetisie vir leerders van graad 6-12 in Suid-Afrika en Namibië.

Leerders kan in skoolverband (daar het reeds 70 skole oor Suid-Afrika en Namibië ingeskryf) of individueel deelneem in ’n groot verskeidenheid van kategorieë wat elkeen se smaak en kreatiwiteit sal pas.

Vanjaar se oorkoepelende tema is Afrikaans 90. In 1925 het Afrikaans die amptelike taal in Suid-Afrika geword. In 2015 is Afrikaans 90 jaar lank al ’n amptelike taal. Wat beteken dit vir vandag se jongmense en hoe help hulle verseker dat Afrikaans oor ’n verdere 90 jaar nog sal bestaan en gebruik word?

Leerders kan opstelle, kortverhale, foto’s, skilderye, liedjies, rubrieke en vele meer inskryf. Die inskrywings word elektronies aan ons gestuur, dus geen posgeld nie! Die enigste kategorieë wat nie elektronies ingestuur kan word nie, is fotografie, skilderye en tekeninge.

Die wenners se inskrywings word op ’n Skemerkelkie ten toon gestel waar hulle ook pryse sal ontvang.

Dit is nog nie te laat vir skole om in te skryf nie!

Leerders het lekker geleentheid om in die wintervakansie hulle kreatiwiteit uit te leef. Die sluitingsdatum vir alle inskrywings is 31 Julie 2015.

Meer inligting kan verkry word by http://www.fak.org.za/afrikaanse-ekspo/ of kontak Chrisna Nel by ekspo@fak.org.za

0 Comments

  1. Belinda sê:

    Middag

    Ek het hulp nodig om inligting te kry vir die volgende:-

    ” ‘n Dag in die lewe van Arnoldus Pannevis”

    • Hannie Boshoff sê:

      Jammer Belinda ons kan jou ongelukkig nie in die spesifieke onderwerp help nie. Het jy dit al gesoek op die webtuiste?

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

error: Content is protected !!