Afrikaanse Skole-Ekspo: Afrikaans tweedetaalsprekers welkom

Afrikaners gedenk 22 000 konsentrasiekampkinders
Junie 19, 2015
Klein geveggies, groot verloor
Junie 22, 2015

Die Afrikaanse Skole-Ekspo gee vir leerders in skole met Afrikaans as tweede taal ook die geleentheid om deel te neem aan die grootste kreatiewe Afrikaanse kompetisie vir leerders van graad 6-12 in Suid-Afrika en Namibië.

Leerders kan in skoolverband of individueel deelneem in ’n groot verskeidenheid van kategorieë wat elkeen se smaak en kreatiwiteit sal pas.

Die tema vir vanjaar is Afrikaans 90 en dit is nog nie te laat om deel te neem nie, want die sluitingsdatum is eers 31 JULIE 2015.

Woodhill College in Pretoria neem vanjaar deel aan die kategorie: Afrikaanse Kortfilms. Hulle is een van die min skole wat filmstudies as module by Afrikaans insluit. Die leerlinge leer al van graad 8 af van kamerahoeke, draaiboeke en toneelspel. In graad 10 moet hulle ’n kort rolprent maak. Hulle het hulle slimfone en tablette gebruik om die rolprente te skiet.

Daar is geen verskonings meer nie. Die kinders verdien om erkenning te ontvang en dit is presies wat die Afrikaanse Skole-Ekspo bied: blootstelling vir leerders om in Afrikaans hulle belangstellings, drome en talente uit te leef.

Vir meer inligting kontak Chrisna Nel by (012) 301 1777 / ekspo@fak.org.za of besoek http://www.fak.org.za/afrikaanse-ekspo/afrikaanse-skole-ekspo/.

0 Comments

  1. louise sê:

    waar is die lys kategoriee?

  2. Jansen van Vuuren sê:

    Hallo Louise

    Kliek hier om na die lys van kategorieë te gaan vir 2016.

Laat 'n boodskap

error: Content is protected !!