In memoriam: Stephen Ellis
Julie 31, 2015
Sonder Afrikaans is ek niks
Augustus 6, 2015

Die eerste van ’n reeks konserte wat deur AfriForum Jeug aangebied is in petisie tot die behoud van Afrikaans as taal op die Kovsie Kampus in Bloemfontein. Die groepe Heuwels Fantasties, Klopjag, Saarkie en Beeskraal het behoorlik opskop gemaak in ’n volgepakte Wiesbadin.

Beeskraal Revival soos hulle die afgelope twee jaar bekend staan, het dadelik ingestem vir die konsert en die manne bulk deesdae hard as ambassadeurs van die FAK. Die FAK-vaandel het hoog gewapper en die groep het gewis as FAKkeldraers uitgestaan.

Die FAK het sy gewig agter hierdie projek gegooi, nie net om bewusmaking te skep van die FAK se missie en visie onder die jonger mark nie, maar ook ter ondersteuning van ons Afrikaanse kuns, kultuur en geregtigheid as amptelike landstaal by tersiêre instellings en skole.

“Ons moet wegstaan van die skuldgevoel en ophou om jammer te sê oor die feit dat ons Afrikaanssprekend is. Ons moet ander bewus maak daarvan dat ons ook ’n ryk geskiedenis het,” het Charles Smidt, mediaskakel van die FAK, gesê. “Ons by die FAK wil Afrikaners trots maak op hulle herkoms. Ons moet weet waar ons vandaan kom om te weet waarheen ons op pad is en daarom is ondersteuning deur die FAK by sulke geleenthede van sy susterorganisasies van kardinale belang vir die bou en behoud van progressiewe Afrikaans en die voortbou van ’n ryk geskiedenis, kultuur en toekoms.”

Laat 'n boodskap

error: Content is protected !!