Tuis in die vreemde
Augustus 6, 2015
Apartheid, moralisme en tragiek
Augustus 6, 2015

1) Hoe lyk die toekoms van Afrikaans oor die algemeen?
Die toekoms van Afrikaans is gesonder as ooit! Kyk net al die Afrikaanse films wat die afgelope 3-4 jare die vrygestel is. Ons het brijlante Afrikaanse reeks op TV, massiewe Afrikaanse produksies soos Afrikaans is Groot wat jaarliks deur meer as 80,000 in minder as 3 weke bygewoon word. Afrikaans is groot en gesond!

2) Hoekom het jy besluit om in Afrikaans jou loopbaan te volg?
Dit is my hart se taal. Ek dink, eet, drink en vry in Afrikaans! Hoe anders?

3) Hoe sal jy kultuur definieer?
Gesellig. Afrikaans is ‘n lekker, gesellige taal. Ons kan dinge in Afrikaans kwytraak wat doodeenvoudig nie vertaal kan word. Koeksister, boerewors, sokkie soos in dans en nog baie ander!

4) Hoe sal jy die jeug aanmoedig om Afrikaans te bevorder?
Praat, praat, praat die taal……. Moenie sommer net dadelik in Engels wegval wanneer jy byvoorbeeld by ‘n winkel is nie. Begin in jou eie taal. Jy sal verbaas wees hoeveel mense praat Afrikaans. Die simpelste ding is as twee vreemdelinge met mekaar in Engels begin praat en later uitvind albei is eintlik Afrikaans. Praat jou taal.

5) Wat is jou gunsteling 5 Afrikaanse films oor die afgelope 9 dekades?
Ek wil graag sê Liefling, want dis die eerste film waarin ek gespeel en hierdie film het rekords gebreek vir Afrikaans gebreek wat steeds staan! Dan is daar natuurlik die Wonderwerker, Pad na jou hart, Hollywood in my huis en verseker Balade vir ‘n Enkeling!

6) Wat is jou gunsteling Afrikaanse nagereg?
Malvapoeding!

7) Wat is jou gunsteling Afrikaanse gesegde?
‘n Glimlag kos niks.

Laat 'n boodskap

error: Content is protected !!