Namibië: ‘n Plek om dop te hou

Resensie: NJ Hou Koers
September 4, 2015
DIE ANC, DIE STAAT EN DIE AFRIKANERS (‘KOLONIALISTE VAN ’N BESONDERE SOORT’)
September 4, 2015

Foto: Netwerk 24

Die FAK, in samewerking met kykNET, het ’n projek geloods om ’n dokumentêr te verfilm oor die suksesverhaal van Afrikaans in Namibië. Die dokumentêr is vervaardig deur regisseur Tienie Theunissen, Andre van den Heever en Gerhard Burger.

Die projek is ’n uitvloeisel van die FAK en Netwerk se kulturele vennootskap. Die dokumentêr bestaan uit vier halfuur-episodes en sal veral fokus op die belangrike rol wat Afrikaanse kultuurorganisasies, entrepreneurs en skole speel om kulturele groeiruimtes en ’n ekonomiese waarde vir Afrikaans te skep.

Chris Chameleon en Daniella Deysel sal vanaf Sondag 6 September om 16:30 as aanbieders te siene wees in hierdie unieke dokumentêr. As deel van die dokumentêr sal Chris ’n konsertreis aanpak met opvoerings in Windhoek, Walvisbaai, Swakopmund en Otjiwarongo.

Die FAK glo hierdie is ’n unieke brugbougeleentheid om die Namibiese Afrikaanse verhaal van hoop regoor Suid-Afrika te vertel. Dit is ook ’n geleentheid om nuwe perspektiewe te gee op ons eie stryd om behoud van taal en kultuur. Dit is voorts ’n unieke geleentheid om die Namibiese kultuurorganisasies aan twee miljoen Afrikaanse kykers op kykNET bekend te stel.

U kan die DVD-reeks en ’n CD wen! Antwoord die volgende vraag: “Wie is saam met Chris Chameleon die mede-aanbieder van die nuwe reeks: Namibië, ’n plek om dop te hou op kykNET?” SMS u naam en die antwoord na 45730.

Laat 'n boodskap

error: Content is protected !!