Beeskraal Revival sing gewilde Afrikaanse volksmusiek
Oktober 20, 2015
Stigter van Voortrekkerbeweging met behoorlike boek behoorlik vereer
Oktober 20, 2015

Die Afri-Duetfees is sekerlik Suid-Afrika se mees glansryke musiekaand van die jaar. Elke jaar word die publiek vermaak met die room van die Afrikaanse musiekbedryf. Die aand word gekenmerk aan sy stylvolle aanbiedinge van die kunstenaars se beste werke in ’n professionele teateratmosfeer, waar die gehoor bietjie hulle gedagtes kan laat gaan en net ontspan. Die fees is anders as die normale “naweek- en dorpsfeeste”.

Hierdie jaar is die FAK ook ’n trotse borg en is geëerd om dan ook aan te kondig dat die Liedjietuin se ambassadeur, Chris Chameleon, en Daniella Deysel die jaar ook sal deel uitmaak van die Afri-Duetfees.

Vanjaar vind die geleentheid plaas op 23 Oktober by die ZK Matthews Teater op die Unisa-kampus te Pretoria. Dié jaar se duetpare sluit in Willie en Natasha Joubert, Henry van Dyk en Helena Ceronio, asook die nimlike Jannie Moolman en Corlea Botha, wat ook sopas hulle fantastiese nuwe album Alle paaie lei na Rome bekend gestel het.

 Van die liedjies gehoor sal word is onder andere “Stille rivierstroom”, “Kinders van die wind”, “Barcelona” en “Amazing Grace”. Dit beloof om weereens ’n onvergeetlike glansgeleentheid te wees.

Enkele kaartjies is nog beskikbaar by duetfees@gmail.com

Laat 'n boodskap

error: Content is protected !!