ELKE HUIS KORT ’N AFRIKANERBEELDJIE

Resensie: Afrikaanse volksmusiek saam met Beeskraal & vriende
Maart 7, 2016
Daai taai toffie
April 4, 2016

Terwyl die kwessie oor Afrikaans as onderrigtaal op Universiteite voortduur, kry die FAK weekliks oproepe van mense wat wil deelneem aan die stryd en ’n bydrae wil maak. Ons kry ook heelwat terugvoer van mense wat hul dankbaarheid uitspreek teenoor die FAK se amptelike standpunt ten gunste van Afrikaans op Universiteit.

Die realiteit bly egter dat die hele situasie heelwat wyer uitkring as slegs die teenwoordigheid van Afrikaans op tersiêre instellings. Niemand word tog verplig om in Afrikaans te studeer nie. Dan het daar ook skokkende insidente van verwoesting die afgelope tyd plaasgevind. Verwoesting van nie net klaskamers en infrastruktuur nie, maar ook van landmerke, simbole en standbeelde. Die tekens dat Afrikaans gebruik word as swak verskoning om ’n aanslag teen Afrikaners, Afrikaner kultuur en Afrikanergeskiedenis te loods word egter telkens bevestig!

Die FAK se standpunt bly egter onverander! Ons sal nie terugsit en toesien hoe dit wat ons na aan hart lê afgebreek word nie. Ons sal terugveg!

Die FAK loods in 2016 ’n reeks geskiedenisprojekte gefokus op die beskerming en bewaring van Afrikanergeskiedenis. Ter ondersteuning van die FAK se geskiedenisprojekte het die FAK ’n geskiedenisfonds gestig, en hiermee nooi ons graag elke Afrikaner uit om die FAK se geskiedenisfonds te ondersteun.

As deel van die FAK se geskiedenisprojekte het die FAK pas sy Afrikanerbeeldjie in elke huis-projek bekendgestel. Al word ons standbeelde verwyder of verwoes, kan niemand ons keer om standbeelde van ons helde in ons huise te versamel nie. Replika-beeldjies van NJ van der Merwe en Sarel Cilliers is reeds beskikbaar.

Beeldjies van President Steyn en Totius word tans ontwikkel. Elke Afrikaner-gesin het nou die geleentheid om die standbeelde van ons helde in ons huise te hê.

Elkeen wat die FAK se geskiedenisfonds met ’n donasie van meer as R500 ondersteun, ontvang ’n beeldjie van sy keuse, gratis. Elkeen wat aansluit as Goue Vriend van die FAK en die FAK se geskiedenisfonds teen R200 of meer per maand ondersteun, ontvang ook ’n beeldjie van sy/haar keuse, gratis. Beeldjies is beskikbaar in beide ’n silwer en ’n brons afwerking.

Kontak vir Zieg van Huyssteen by die FAK-kantoor by zieg@fak.org.za of 012 301 1777 om die Geskiedenisfonds te ondersteun en ’n beeldjie te ontvang.

Hou die FAK se Facebook-blad en nuusbrief dop vir die bekendstelling van nog beeldjies in die jaar.

2 Comments

  1. Kowie Wessels sê:

    Ek wag vir ‘n beeldjie van de Wet, Beyers of de la Rey

  2. Johan sê:

    Ons maak plan 😉

Laat 'n boodskap

error: Content is protected !!