Die geheim lê in die “attitude”…
April 26, 2016
Helene Bester vier haar 40ste verjaardag
Mei 9, 2016

SONY DSC

Die eerste Afrikaanse Kultuur nuusbrief is hier. Ek lê nou nog en knyp myself in die aande dat die tyd aangebreek het dat Afrikaners kan spog met hulle eie nuusbrief. En dan pronk die nuusbrief nog in ons eie taal! Nee kyk, Afrikaans staan vir niks terug in die moderne jaar van 2016 nie.

Kinders van skole reg oor die land keer my by funksies voor en vra dan ewe: “Nou hoe kan mens vir ’n plek werk wat net veg vir Afrikaans?” Nee, boetie, ons veg nie vir Afrikaans nie, ons bevorder Afrikaans. Jy sien die FAK is ’n toekomsgerigte kultuurorganisasie wat ’n tuiste vir die Afrikaanse taal en kultuur bied en ons trotse Afrikanergeskiedenis positief bevorder. Daarsy, nou weet jy indien jy onlangs ook gebombardeer was met vrae oor hoekom nog Afrikaans? Is daar ’n toekoms vir die oue taal. Ag, toe nou! Saam gaan ons hierdie toekoms in Afrikaans maak werk.

Kom ons gesels net so bietjie oor ons taal se toekoms. Jy sien ek het grootgeword in ’n onderwyshuis. My pa het my geleer jy praat Afrikaans tensy ’n persoon nie jou taal verstaan nie, dan ag jy die nodige respek en probeer hulle taal praat. Dit was nie in ons huis toegelaat om daai klitsertjie uit die kas te haal en jou taal te begin meng nie. Maar nou weet ek jy val amper van jou stoel af as jy so skelm in die koffiewinkel sit en die jeug se gesprekke afluister. En wat bedoel jou kleinkind dan nou met “WMJ?” wanneer jy daai SMS uit die bloute ontvang …

Genugtig! Ek besef met ’n skok ons sal moet aanpas. Want om ou-Hollands te praat, gaan niemand verstaan nie en om daai Afrikaans te praat wat selfs die kat ’n piering melk laat insluk, werk ook nie so lekker nie. Nee, ons sal moet leer om hierdie mooi taal van ons kreatief en vindingryk te gebruik.

Oor en uit!

 

Comments are closed.

error: Content is protected !!