Aandag almal wat geliefdes het wat in die buiteland woon

Nuwe boek uit die pen van gesoute historikus en joernalis
Mei 31, 2016
Nooit of nou – ShoNeill
Mei 31, 2016

Wêreldwyd is ʼn inisiatief van AfriForum om nuus en inligting uit te ruil onder Suid-Afrikaners wat gelukkig in die buiteland woon; of mense wat daar gewoon het en terug in Suid-Afrika is, of mense wat steeds buite die grense van die land woon, maar eendag wil terugkeer.

Volgens Sue-Ann de Wet, AfriForum se projekkoördineerder vir Suid-Afrikaanse Diaspora, is Wêreldwyd vir elke Suid-Afrikaner wat tans in die buiteland woon en graag in voeling wil bly met die land. “Die inisiatief behels ʼn webblad wat mense help om op hoogte te bly met nuusgebeure in Suid-Afrika. Hier kan hulle ook betroubare advies kry, sommer net saam kuier en hul ervarings en die interessante plekke waar hulle woon en werk met ander deel. “Die Wêreldwyd-span het deeglike navorsing gedoen oor wat vir Suid-Afrikaners in die buiteland belangrik is en dit is juis dié inligting wat op die webblad beskikbaar is. Dit sluit in aktuele plaaslike nuus, bydraes – foto’s en stories – van Suid-Afrikaners wat op interessante plekke in alle uithoeke van die aarde woon, asook ʼn enig-in-sy-soort Wêreldgids,” sê de Wet.

In die Wêreldgids kan mense inligting uitruil oor waar eg Suid-Afrikaanse produkte in die verskillende lande te koop en beskikbaar is. Enigiets van biltong, Ouma-beskuit, tradisionele blatjang, restaurante wat Suis-Afrikaanse kos voorsit en selfs dienste kom in die gids voor. Die gids het ten doel om mense wat in die buiteland vreemd voel, te help om ander Suid-Afrikaners te ontmoet en terselfdertyd hul ondernemings te ondersteun. Suid-Afrikaners in die buiteland kan hul ondernemings gratis in die Wêreldgids laat opneem.

Wêreldwyd het ook ʼn gratis weeklikse nuusbrief waarop mense kan inteken by wereldwyd@afriforum.co.za.
Wat kan julle in die nuusbrief, naamlik Kollig vind?

  • Dit bevat allerlei inligting oor
  • Die jongste nuus uit Suid-Afrika: Maroela Media verskaf gratis Afrikaanse nuusberigte.
  • Nuus van buite Suid-Afrika: van vars nuus wat plaasvind tot feeste en bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars wat elders optree.
  • Migrasienuus: belangrike inligting oor burgerskap, paspoorte, belasting en so meer.
  • Blogs deur emigrante.

Daarbenewens is Wêreldwyd se Facebook-blad ʼn baie gewilde interaktiewe kuierplek vir alle Suid-Afrikaners plaaslik en die buiteland.

Wêreldwyd wil vir jou die platform skep om saam met ander Suid-Afrikaners regoor die wêreld te kuier, soos net Suid-Afrikaners kan.

Comments are closed.

error: Content is protected !!