Rapportryerbeweging se Bybelvasvra
Junie 28, 2016
Praat ek jou taal?
Junie 28, 2016

Afri-Duetfees 2016

Die FAK is die trotse kultuurvennoot van die derde Afri-Duetfees wat plaasvind op Vrydag 21 Oktober in die ZK Matthews-teater by UNISA in Pretoria. Louis Loock en Anna Davel is een van die vier duetpare wat optree. Hierdie is ’n top-gehalte produksie met duetmusiek deur ons beste Afrikaanse duetpare. Die ander pare wat optree, is Willie en Natasha Joubert, Nicholis Louw en Liezel Pieters, en Nico Strydom en Charlotte Kilian. Treffers soos “You Raise Me Up”, “Voshaarnooi”, “Sweef soos ’n Arend”, “Gloryland” en “The Prayer” gaan gehoor word, terwyl Louis en Nicholis se “O Solè Mio” in die styl van Pavarotti en Bryan Adams ’n duetervaring “uit die boonste gestoeltes” gaan wees.

Kaartjies kos R250, R200 en R170 en sluit ’n onthaal van aarbeie, roomys en likeur in na die vertoning op UNISA se daktuin. Die helfte van die 1000 kaartjies is reeds bespreek. Bespreek joune by duetfees@gmail.com of skakel Cassie Aucamp by 082 377 1112.

Comments are closed.

error: Content is protected !!