Wanneer ’n kantoor omskep word in ’n kunsgalery

Twee Grade van… Ongemak
Julie 25, 2016
AFRIKAANSE KULTUUR APP
Julie 28, 2016

Daar kom dae in enige kantoor wat die telefoon heeltyd lui, e-posse instroom, dae wat daar meer afsprake is as minute in die dag, maar dit gebeur maar min in die gewone kantoor dat daar elke paar minute ’n leerder opdaag met ’n inskrywing vir die Afrikaanse Internasionale Skole-Ekspo.

Vanjaar se tema vir die Skole-Ekspo is ’n 100 jaar van Afrikaanse films; kom kuier saam agter die skerms!

Die FAK-kantoor se mure was lanklaas so kleurvol met al die skilderye oor dié jong kunstenaars se liefde vir Afrikaanse films. Dan word jy ook terug aarde toe geruk wanneer jy ’n graad 6-leerder se gedig lees oor hul taal wat soos springmielies is, die opstel van ’n graad 11-leerder wat verseker die volgende opkomende regisseur is in die Afrikaanse filmbedryf en dan word jy stomgeslaan met kinders se talent as fotograwe. Hier word die kaf verseker van die koring geskei.

Wat vanjaar se tema egter meer uniek maak as net nog ’n tema, is dat die jeug met ’n projek soos die Skole-Ekspo die geleentheid kry om nie net meer te leer van die Afrikaanse filmbedryf se geskiedenis nie, maar dat hulle werklik hul talente kan wys in die kunste soos wat enige goeie film dit betaam.

Jenna Dunster, aktrise in die baanbrekerreeks, Sterlopers, is vanjaar se ambassadeur vir die Skole-Ekspo. Jenna dien vir leerders as ’n bron van inspirasie omrede die jeug met haar kan vereenselwig. Sy het ook al haar talente gewys tydens die Skole-Ekspo. Kliek hier om na Jenna se video te kyk.

Leerders wat nog wil inskryf vir die projek, is baie welkom. Die sluitingsdatum vir inskrywings is uitgestel tot Vrydag, 4 Augustus 2016. Vir meer inligting of om digitaal in te skryf kliek hier.

Comments are closed.

error: Content is protected !!