Wanneer ’n kantoor omskep word in ’n kunsgalery
Julie 27, 2016
Loodsprojek vir ’n nuwe aanlyn Woordeboek van die Afrikaanse Taal
Julie 28, 2016

Die FAK stel graag met trots bekend die myFAK app vir slimfone en tabletrekenaars. Ontvang vandag nog al die Afrikanerkultuur wat jy kan hanteer, in die palm van jou hand! Die myFAK app bestaan uit drie afdelings, naamlik Tuiste, Trots en Toekoms.

myTuiste

Hier kry jy alles wat in die Afrikanerkultuurwêreld gebeur, en nog vele meer. FAK-projekte, asook ’n kalender met ander kultuurorganisasies se bedrywighede, is enkele van die hoogtepunte op myTFAK appuiste.

myTrots

Hierdie afdeling fokus op Afrikanergeskiedenis en bevat alles wat saak maak uit ons ve
rlede. Belangrike datums, Afrikanerhelde, plekke en monumente, om maar ’n paar te noem. Die geskiedenisfeite op myTrots is volledig en feitelik korrek, geskik vir alledaagse gebruik, asook vir skooltake en projekte.

myToekoms

In hierdie afdeling fokus die FAK op kwessies en idees wat ons as Afrikaners vandag raak. Die FAK se standpunte omtrent relevante sake word verduidelik en gerugsteun deur artikels wat deurlopend tot die app bygevoeg word. Artikels word geskryf deur die top skrywers en ideevormers in Suid-Afrika, asook internasionaal.

Die myFAK app is beskikbaar op die Android Google Play en Apple App Store.

Kliek op een van die skakels om die myFAK app gratis af te laai!

google-play-badge (1)

app2

Comments are closed.

error: Content is protected !!